Foto’s en video’s: Nog ʼn ‘tornado’ rig groot skade aan

'n Beweerde tornado buite Standerton, Mpumalanga (12 November 2016). Foto: Verskaf

‘n Beweerde tornado buite Standerton, Mpumalanga (12 November 2016). Foto: Verskaf

ʼn Hewige storm, wat met ʼn beweerde tornado gepaardgegaan het, het boere in die Standerton-omgewing in Mpumalanga groot skade berokken.

Carel Davel, ʼn boer in die omgewing, het Maandag aan Maroela Media vertel hy het tussen 16:00 en 17:00 op sy huis se stoep gestaan en kyk hoe die tornado vorm. “Dit was die eerste keer in my lewe wat ek so iets gesien het. Ek was vrek bang,” het hy gesê. “Jy kon duidelik sien hoe die tornado vorm en afbeweeg en toe beweeg dit weer verby. Dit was gelukkig nie oor my plaas nie.”

Davel het gesê die tornado was ongeveer tien minute lank sigbaar, voordat dit weer verdwyn het.

'n Beweerde tornado buite Standerton, Mpumalanga (12 November 2016). Foto: Verskaf

‘n Beweerde tornado buite Standerton, Mpumalanga (12 November 2016). Foto: Verskaf

Sy buurman het aan Maroela Media gesê die tornado het wel deur sy plaas beweeg en die dakke van sy huis, ʼn melkstal, kantoor en twee skure heeltemal of gedeeltelik afgeruk. Hy het gesê stukke van die mure van die skure het ook omgeval.

Video’s van die tornado en swaar reën wat daarna geval het, is sedertdien wyd op sosiale media versprei. Die oorsprong van die video’s is egter nie duidelik nie. In een van die video’s vertel ʼn man dat al sy landerye weggespoel het en dat sy huis oorspoel is. “My lande is heeltemal weg, daar is niks oor nie. Hierdie [wat jy nou sien] moet lande wees, maar dis net water,” sê hy.

Maroela Media het die afgelope naweek berig ʼn beweerde tornado het Vrydagmiddag by Viljoenskroon in die Vrystaat ook skade aangerig. Huise se dakke is beskadig, reuse bome is ontwortel en paaie is versper. Die dorp se krag is ook tydelik afgesny.

Jan Vermeulen, ʼn voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het aan Maroela Media verduidelik hulle kan nie bevestig of dit wel ʼn tornado was voordat hulle foto’s van al die skade ontvang het nie. Hy het egter gesê dit kon moontlik ʼn klein tornado wees, aangesien hewige storms in die gebied verwag is.

Die onderstaande video’s van die tornado in Standerton word op sosiale media versprei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marianne ·

Oooh wow!!!! Goed mense moet my nie verkeerd verstaan nie, dis vreesaanjaend en die tornado rig honderde Duisende rande se skade aan.
TOG SIT EK IN VERWONDERING….
God se skeppings is dramatizes en fantasties.

Kowa ·

Die tornado’s en kitsvloede maak my meer as “vrek bang”. Ek raak skoon hoendervleis om na die videos te kyk. So jammer vir die mense wat hul goed verloor het in die storms.

Buitestander ·

Ek weet nie wat dit was nie. Ons moet net bid dat ons die torndo’s van Amerika gespaar bly.

Ons moet ons werklik verootmoodig voor God die Vader dat ons gespaar sal bly van die groot onheil van ons wêreld.

Waaragtige boetedoening of verootmoediging is baie meer as maar net skuldbelydenis, klaag oor jou sonde.
Waaragtige boete is om my met jou berg van sondeskuld na Christus toe te gaan.
Waaragtige boete is om met jou verslawing aan die sonde na Christus toe te gaan om verlos te word van die sondemag.

zac ·

Hi seems that it was not a tornado as the funnel needs to touch the ground before it becomes a tornado.

Rina Pretorius ·

Dit het wel die grond geraak want daar is plase wat groot skade het, dit is wel nie deur die dorp nie

Maureen Murphy ·

Ek bly in Standerton, dit wat lyk na n tornado wat vorm het nooit die grond geraak nie. Ons het wel hael gehad en reen maar niks in vergelyking met wat dit sou weed as n tornado ons werlik moes tref nie.

Marelise ·

Sjoe julle neem nog videos, ek sou lankal op my perdjie gespring het en veeeeeeeeeeer weg van daai warrelwindjie galop het :)

Leila ·

Dink die ‘tornado’ is eerder wat mens noem ‘n ‘funnel cloud’. Dit kom gereel voor met storms en word misgis as ‘n tornado.

Karen van Zyl ·

Leila, mense het groot skade gelei en dit het die grond geraak, sodra ‘n “funnel cloud” die grond raak en “debris” optel is dit ‘n tornado.

Anoniem ·

Nee wat Leila, of dit nou ‘n tornado was of nie, dit bly maar steeds vreesaanjaend, want Suid-Afrika is nie sulke erge weerstoestande gewoond nie. Dit is soos ‘n ander skrywer gese het, ons moet net hoop ons beleef nie die erge tornado’s wat die Amerikaners beleef nie.

Karen van Zyl ·

Suid Africa is nie bekend vir tornados nie maar in 2016 het dit iets verskrikliks ontwikkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.