Paramedici in KwaZulu-Natal moes Dinsdagoggend bontstaan nadat dele van die provinsie deur donderstorms getref is.
Paramedici van Rescue Care het motoriste gewaarsku om die suidelike dele van Durban te vermy. In Amanzimtoti het ʼn huis oorstroom en is inwoners in die huis vasgekeer.
Paramedici het ook vroeër gehelp om pendelaars uit ʼn taxi te help wat in ʼn sloot langs die N2 naby die Galleria Mall beland het.
Die watervlak het vinnig langs die taxi begin styg en water het ook erg op die hoofweg opgedam. Die hewige reën het ook kitsvloede in talle gebiede tot gevolg gehad.Die eThekwini-munisipaliteit het inwoners gemaan om binnenshuis te bly tot die storm verby is. Volgens die munisipaliteit word winde van tot 70km/h waargeneem en is alle paaie in suidelike dele van Durban gesluit.
Sig op die paaie is ook erg belemmer weens die reën en sterk winde. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen ook gewaarsku dat nog reën vir die res van die week in KwaZulu-Natal verwag word.
Die video volg onderaan die foto’s.
Die video is saamgestel uit verskeie video’s wat aan Maroela Media verskaf is:
ASSEBLIEF?????.Kan julle media nie vir ons reenvalsyfers saam met hierdie berigte van storms verskaf nie. MN en News24 albei skuldig. Sê asb hoeveel dit gereen het.
Want dit reen nogsteeds.
Kan iemand nie asb vir ons daardie water wat so wegloop na die Kaap herlei nie.
@Paul – vra ek ook. Hier sit ons en bid – ons sien daardie reënwolke opstapel en oor Du Toitskloof kom en dit lyk so belowend ……… maar al wat kom, is die reën. Nou hoor ons hoe dit storm, reën, hael en wat-nog op plekke waar dit glad nie nodig is nou nie. Ons moet iets allervreesliks gesondig het, dat die reën so wegbly!
Glo my, as enige-een van ons dit kon doen, het ons dit lankal gedoen. Maar KZN is bietjie ver van die Kaap af, dink nie ons gaan die water veilig en skoon by julle uitkry nie. :(
‘n ANC-raadslid het ‘n paar maande gelede gesê die “sonde” van die Wes-Kaap is dat meeste kiesers daar nie ANC stem nie en dat die Here hulle dus met die droogte “straf”.
Nogal ‘n vreemde opmerking komende vanaf ‘n party wat klomp dinge wat teen die Woord van God is, goedpraat en toepas…
Baie erg, hoe is die regterbaan op die snelweg nie onder water nie, is dit nie n kwessie van storm water afvoerpype wat geblok is en nie in stand gehou word nie?
SjN, so sit ek en kyk na die foto en dink presies dieselfde wat jy hierbo se. Die een kant van die pad vloei die verkeer aan die ander kant is verkeer onder water. En so dink ek hoe? pype verstop want geen stadsraad maak mos meer strate skoon of afvoer pype nie. Tragiese dienste!
Heel moontlik. HIer in Pretoria sien mens hoe vol die stormwater dreine gestop is met rondloopmense se afval – bottels, plastiek ensovoorts. Indien dit so is, moet die metro pa staan.
Stormwaterstelsels is substandaard en word nie behoorlik onderhou nie. ‘n Probleem is mos nie ‘n probleem tot hy ‘n probleem is nie. Nou gaan owerhede bont staan om finansies beskikbaar te stel om stelsel op te gradeer, maar sodra die projekte moet uitgaan op tenders is die reënseisoen verby en word die geld op ander minder belangrike goed gemors.
Dis presies die probleem-geen instandhouding van stormwaterstelsels nie. Alles is toegegroei en die plekke waar paaie en strate soms skoongemaak word, word die vullis in die dreineringskanale gevee en gestort en nie weggery na vullisterreine toe nie. Hier by ons in die Vuil Driehoek oorstroom die strate wanneer 5mm of meer reen val.
..en die Kaap bly droog…. :-( :-(
Ons bid vir reen vir julle, ons bly oorsee maar dink gereeld aan julle. Ons Vader sal hoor, hou moed liewe mense.
Ek glo julle reën is naby.
Cherokee, kan jy ons op hoogte hou ? Dit lyk woes daar!
Gebede word geantwoord… Jul reen is naby..
Sjn jys doodreg. Al die gaos met die geringste water is oor daai afvoerpype toegestop is van vullis. Niks word mos in stand gehou nie. Vir die wat wil weet, my water meter was nou al 2 keer vol die afgelope 2 dae. So ja dit reën ook erg.
Ons gereelde saamgelsvriend Cherokee, jy is mos van daar, is jy OK?
B-man , jy weet mos, sodra tenders toegeken word en die werk moet begin, word dit weer gekanselleer want dit reën nie meer nie en die paaie oorstroom nie meer nie en die dak lek nie meer nie. ☺