[Foto’s] Erasmusrand-voetgangerbrug suksesvol verwyder

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Erasmusrand-voetgangerbrug by die Solomon Mahlangu (Hans Strijdom)-brug oor die N1-hoofweg is oor die naweek suksesvol afgebreek.

Alan Agaienz, ʼn projekbestuurder by die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het gesê die afbreek van die 32 jaar oue brug kom ná vier maande se beplanning. “Ons moes besluit of ons die brug stuk vir stuk gaan afbreek oor ʼn spesifieke tydperk of ons dit op een slag doen en die hoofweg vir agt uur sluit.”

Volgens Agaienz is geen plofstof gebruik om die brug af te breek nie en is die brug stuk vir stuk met meganiese toerusting afgesny en met vragmotors verwyder. Die brug is in 2015 erg beskadig en vir voetgangers gesluit. Sanral het hierna ʼn tydelike loopvlak langs die Solomon Mahlangu-brug vir voetgangers en fietsryers aangebring. ʼn Kontrakteur is aangestel om die Erasmusrand-voetgangerbrug te stabiliseer.

Agaienz het intussen gesê ʼn tender vir die ontwerp en vervanging van die Erasmusrand-voetgangerbrug het op 24 Maart gesluit en die konstruksie van die nuwe voetgangerbrug sal vroeg in 2017 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

thelsa ·

Baie geluk aan die Projekspan wat hierdie projek deeglik beplan het en tot uitvoer gebring het. Die hoofweg was voor die spertyd oopgestel. Dit wys jou wat gedoen kan word as jy iets deeglik beplan en jou plan tot uitvoering bring en nie verskonings maak nie. Well done almal.

sanja ·

Hoewel die verkeer my persoonlik nie geraak het nie, wel gedaan manne. Moet sê die foto is noggal indrukwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.