[Foto’s] Fratsongeluk in Pretoria eis jong man se lewe

Die brandweer poog om die man te bevry. Foto: Verskaf

Die brandweer poog om die man te bevry. Foto: Verskaf

ʼn Jong man is Saterdag in Pretoria tydens ʼn fratsongeluk dood.

Xander Loubser, woordvoerder en paramedikus van Best Care-ambulansdienste, het Sondag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 15:00 in Booysens in die weste van Pretoria plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die man, in sy laat 20’s, by ʼn inwoner kom aanklop vir stukwerk,” het Loubser gesê.

Die inwoner het die man glo gehuur om hom te help om die stomp van ʼn afgesaagde boom uit die grond te verwyder. “Die oorledene het ʼn groot gat om die bodem van die boomstomp gegrawe en was in die gat toe die stomp onstabiel geraak en op hom geval het. Dit stomp het hom op sy bors teen die grond vasgepen.”

Die Tshwane-nooddienste en Best Care is na die toneel ontbied. Die brandweer moes van hoëdruklugsakke en ʼn kabel gebruik maak om die stomp van die man af te lig en hom te bevry.

Die man is deur paramedici van Best Care op die toneel dood verklaar weens ʼn noodlottige borskasbesering.

Die Hercules-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik ·

ek sal graag hierdie saak wil volg. al wat ek voorsien is groot moelikheid vir die arme werkgewer wat aan iemand werk gebied het wie vir sy inkomste wou werk.

Cherokee ·

Hendrik, (sommige van) julle maak altyd sulke negatiewe voorspellings in jul kommentare. Dit mag wel wees dat die werkgewer probleme gaan hê daarmee maar dit is ook menslik om te verwag dat ‘n ander persoon logies sal dink om veilig te werk. Daar mag dalk geredeneer word dat die stomp geanker moes wees met staalkabels maar wanneer iemand stukwerk vra tree so een op as ‘n kontrakteur en moet na hul eie veiligheid omsien. Ek werk daagliks met kontrakteurs en sê vir hulle wat om te doen maar nie hoe om dit te doen nie.

Engela v zyl ·

Umm kyk op fb legal talk sa. Dis n bejaarde oom wat hom werk gegee het. oorlede se familie was kla by die oom, en dring aan op geld vir begrafnis ens

Saartjie ·

Ongelukkig gaan dit nie net by begrafniskoste bly nie. Dit is ‘n relatief jong man van in sy laat twintigs – ek sien ‘n groot eis aankom van lewensonderhoud aan moontlike naasbestaandes, veral kinders. Wat ek op Legal Talk SA gelees het, is dat die man die oom gehelp het om die boom af te saag ook, nie net om die stomp uit te haal nie. Die oom het duidelik probeer geld spaar en die persoon gekry as casual om hom te help in stede van professionele kundiges wat spesialiseer daarin om groot bome af te saag en stompe te verwyder. Professionele kundiges doen hierdie werk in spanne, nie net met een persoon nie. Ek hoop van harte die oom het die nodige korttermynversekering wat hom in ‘n mate dek teen persoonlike aanspreeklikheid.

Maxine van Noordwyk ·

Ek het die op Legal Talk SA se page gesien en ek was so geskok toe ek dit lees.

wilma ·

weer n bejaarde wat vreemdeling in diens neem. Kon net sowel andersom gewees het. Leet ons mense nooit

cherize ·

Ek kan geen fout vind dat die oom n werker gekry het om hom te help nie. Werker het keuse gehad om te onttrek as hy onveilig gevoel het. Tweedens bied baie ongeskoolde arbeiders langs paaie hul dienste aan om bome af te saag. Wat sou die wetlike aspek inhou as een van hulle dan seerkry? Ek kry die agtergeblewenes bitter jammer – die verlies van n famielid is baie hartseer. Maar ek kry ook die oom jammer – sou hy voorsirn het dat so n ongeluk sou gebeur?

Kaufman ·

Ons land is nie meer reg om werk te skep nie. Los werkskepping, doen dinge self, behalwe as jy diep sakke het of indiepte regskennis het om aan n hele reeks regulasies te voldoen en om veiligheidsmaatreels in plek te he. Los liewer werk skep en jammer kry, jy gaan net gebyt word ongelukkig.

Rita ·

Ag shame. Ek voel baie jammer vir beide partye. Nie een van die twee het gedink die gaan so eindig nie.

Geld, Geld en Geld ·

Dis vir my altyd so sleg as iemand dood gaan dat die oorblywende familie geld wil he??? Gaan geld die person terug bring? Gaan geld die person se plek oorneem. tipies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.