[Foto’s] Gary Player se R50 miljoen huis wek groot belangstelling

Foto: chaseveritt.co.za

Foto: chaseveritt.co.za

Die Gholf-legende Gary Player, se perdeplaas wat naby Colesberg in die Karoo geleë is, is onlangs vir R50 miljoen in die mark gesit, en volgens sy eiendomsagent wek dit groot belangstelling.

“Daar is beslis belangstelling – plaaslik, sowel as internasionaal, maar dit lyk asof ʼn paartjie van Suid-Afrika die eiendom gaan aanskaf. Maar tot die geld nie in die bank is nie, kan ek nog niks bevestig nie. “ sê Rory O’ Hagan, eiendomsagent van Chas Everitt International.

Volgens O’ Hagen kyk moontlike internasionale kopers eers na die politieke klimaat van Suid-Afrika voor hulle ʼn aanbod sal maak.

Player se 1, 431Ha plaas, Rietfontein, bestaan uit onder andere vyf slaapkamers, sewe badkamers, twee onthaalkamers, drie motorhuise, ʼn swembad, wynkelder, tennisbaan, biblioteek en gimnasium. Die plaas het ook sy eie omheinde wildreservaat.

“As mens na die pryse van eiendom oorsee kyk, sê bv Los Angeles of New York, kry jy vreeslik baie met hierdie eiendom in Colesberg. Daar is selfs ʼn gholfbaan wat deur Gary Player ontwerp is. Jy sal oorsee ʼn spoggerige woonstel kry vir dié tipe geld.”

Volgens die eiendomsagentskap het Player en sy gesin vir die afgelope 44 jaar op dié plaas gewoon.

“Kampioen renperde is reeds vanaf 1883 hier geteel en groot gemaak en is wêreldwyd bekend vir uitsonderlike kwaliteit teeldiere.” lees ʼn uittreksel op die webwerf.

O’Hagen meen daar sal meer verwikkeling in die nuwe jaar wees aangesien almal nou eers met verlof is.

Indien jy nog nie al jou Kers-inkopies gedoen het nie, en jy nog ʼn spaargeldjie iewers het, oorweeg gerus dié kopie…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Buitestander ·

Wat sluit die koopprys alles in?
Die perde telery. In?

Susan ·

Goeie prys vergeleke met Christo Wiese se dogter wat Rm90 op ʼn veiling vir ʼn huis alleen betaal het……

Sarie ·

Dis ‘n pragtige plek, maar ‘n mens moet bàie geld hê om in sò ‘n plek te woon… Die onderhoudskostes alleen, beloop ‘n fortuin, so dis beslis net vir ‘n sekere groep bedoel…

Tong innie kies ·

Ek soek net na my spaarvarkie want my vrou het hom iewers gebere!

Koos ·

Hoekom verkoop hulle na 44 jaar. Word veiligheid ‘n bekommernis?

John ·

Sekuriteitstelsels sal die nuwe eienaar byna soveel soos ‘die’ vir Nkandla uit die sak jaag. Die omgewing is wild en hospitale (slangbyt ens), skole en sakesentrums ver weg. ‘n Vliegtuig sou aangewese wees.

dood normaal ·

Ek wil nie eers oornag in so ‘n huis nie, dit is koud en onpersoonlik. Hoeveel van die luukse word gebruik en waardeer? Is daar geluk en warmte soos ons gewone mense ken?

LB S ·

Lekker gratis advertensies! Is dit sy Agent wat daarvoor sorg? Hierdie plaasverkopery van Gary Player is al op al wat ‘n webblad gemeld, van MyBroadBand, Maroela, Netwerk24…. Asseblief, ons soek NUUS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.