Foto’s: Gasse oorval drie in ondergrondse tenk

Verskeie nooddienswerkers was by die reddingspoging betrokke. (Foto: Rescue Care)

Drie mans is uit ʼn ondergrondse tenk in Umhlanga Ridge gered nadat gasse hulle Donderdagoggend oënskynlik oorval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die tenks in Wiltinsingel het glo diesel en olie bevat. Die mans was besig om dit skoon te maak.

“Lede van die polisie, die Durbanse metropolisie en eThekwini se soek-en-reddingseenhede het  ʼn tou-en-leerstelsel geprakseer en is met asemhalingsapparaat die tenk in om die drie mans te red,” het hy gesê.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Recue Care, was twee van die mans in ʼn kritieke toestand en moes hulle aan asemhalingstoestelle gekoppel word, terwyl die derde man in ʼn ernstige toestand is. Al drie is inderhaas na nabygeleë hospitale geneem.

Tientalle nooddienswerkers het op die toneel saamgewerk om die mans te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Charlie ·

Hoe gebeur dit dat gasse die mense oorval ?
Mens haal tog net asem. Waar kom die gasse dan vandaan wat hulle oorval en hoe lyk of ruik dit dan ?

Theuns ·

Blykbaar was daar petrochemiese produkte in. Al is die tenks leeg is gas teenwoordig. Hulle moes volgens prosedures die tenks binne gaan. Wetgewing is baie streng t.o.v. “confined space entry”.

Neels ·

Dit is so hartseer dat mense nog in vandag s e tyd aan sulke toestande moet onderwerp word . Alles net die regering van die dag se skuld . Alle veilgheids reels n reglasies is mos 25 jaar terug uit gegooi en elkeen maak soos hy wil en as so iets gebeur dan wil almal die nodige regsappr nerm om die werkgewer te vervolg . In my jong da sou jy ne n so stelsel geklim het as daa nievoldoende veiligheids selsls in plek was nie . Wil net noem ek is nou al 70 jaa oud en verkyk my elke dag aan die dont vare houding van almal

Kruger ·

Hulle het duidelik nie die reels gevolg nie. Ie werkgewr is verantwoordelik.

Kruger ·

Wie het gekyk dat dir reels gevolg word? Wie is die werkgewer??

Kruger ·

Jammer vir die gebrabbel en foute. Ek pos nie gereeld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.