[Foto’s] Gauteng-premier se kantoor brand

Foto: Twitter via @LumkoX

ʼn Brand het Vrydagoggend by die kantoor van David Makhura, premier van Gauteng, in die Johannesburgse sakesentrum ontstaan.

Phumla Sekhonyane, ʼn woordvoerder van die Gautengse regering, het bevestig dat ʼn gedeelte van die gebou in Simmondsstraat aan die brand is. “Alle personeellede is uit die gebou verwyder en is veilig. Die Johannesburgse brandweer en nooddienste is op die toneel,” het Sekhonyane gesê.

Sy het gesê dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die brand is nie, maar dit sal deur die brandweer ondersoek word. “Sodra die oorsaak van die brand vasgestel is, sal dit aan die publiek gekommunikeer word,” het sy gesê.

Sekhonyane kon nie onmiddellik die omvang van die skade bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Stella ·

Dit wat nie aan die brand gesteek word nie brand deur ouderdom,,en wat nie in stand gehou word nie…of dokumente wat moet verdwyn?

Jeannette ·

Het sy “seat” vir hom toe te warm geraak en aan die brand geslaan?

Ben ·

My eerste gedagte is dat hulle dit opsetlik aan die brand gesteek het om hul korrupsie te probeer wegsteek.

thelsa ·

. . die plek het ook nie aan die brand geraak oor hulle so hard werk nie. Dit is kommerwekkend oor die brande wat so ‘spontaan’ ontstaan

Marianne de Swardt ·

Eienaardig dat staatsgeboue so brand….. mens ruik n rot.

Soekie ·

Seker weer aan die brand gesteek oor iemand nie sy sin kon kry nie…Dis mos hoe dit in SA werk deesdae…

Magda ·

Kan maar afbrand – daar is altyd nog iewers dokumente wat uitkom – as die n brand is om korrupsie te keer- gaan nie werk nie – en ek glo dat di opsetlik gedoen is

Reinhardt ·

Alle dokumente is op die internet, die internet kan nie verbrand word nie.

Lientjie ·

Sjoe dis Vrydag …….. was daar personeel om te verwyder ???? Verwarmers is aan maar niemand by die werk nie.

Ai jai jai! ·

Wat kan n mens se? Soos ons land se president sal sê:” He he he he!”

Herman Goosen ·

Kon darem nie te moeilik gewees het om die gebou te ontruim nie. Die wat wel vir werk opgedaag het is altyd uit met “vergaderings”

Johan. H. ·

Seker al die gemors vwat vlamgevat het… Een dorp is mos vuiler as die ander ga…anc

Nuushond ·

Bykans by elke berig op MM word die uitdrukking ” Ek ruik n rot”in die kommentare gebruik…dit n term wat al uit gedien is…asb

Speedguard ·

@Nuushond, wat se term sal vir jou aanvaarbaar wees, nie dat jy die kommentaar te moet lees nie maar , maar nou ja, as dit ruik na iets wat ontbind kan jy dit maar noem wat jy will, vir die meeste is die term Rot aanvaarbaar!

Reti ·

Nuushond, as jy niks ruik nie is jou sintuie nie te waffers nie.

Chaparel ·

Vir my part brand alles tot die grond af, voel tog vere he he he

WONDER ·

Dink almal “brand van nuuskierigheid” om die oorsaak te weet

Speurder ·

Die premier van die Oos-Kaap se kantoor het ook later vandag gebrand….eienaardig dat dit die ANC premiers is wat nie vir Zuma ondersteun nie, wie se kantore ewe skielik almal spontaan begin brand? Die ooreenkomste is ooglopend en die vinger wys, wel…..waar is Nkandla nou weer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.