Phumla Sekhonyane, ʼn woordvoerder van die Gautengse regering, het bevestig dat ʼn gedeelte van die gebou in Simmondsstraat aan die brand is. “Alle personeellede is uit die gebou verwyder en is veilig. Die Johannesburgse brandweer en nooddienste is op die toneel,” het Sekhonyane gesê.
Sy het gesê dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die brand is nie, maar dit sal deur die brandweer ondersoek word. “Sodra die oorsaak van die brand vasgestel is, sal dit aan die publiek gekommunikeer word,” het sy gesê.
Sekhonyane kon nie onmiddellik die omvang van die skade bevestig nie.
- Foto: Marius Croucamp
- Foto: Marius Croucamp
- Foto: Marius Croucamp
- Foto: Marius Croucamp
- Foto: Twitter via @Slie4life
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Dit wat nie aan die brand gesteek word nie brand deur ouderdom,,en wat nie in stand gehou word nie…of dokumente wat moet verdwyn?
Het sy “seat” vir hom toe te warm geraak en aan die brand geslaan?
My eerste gedagte is dat hulle dit opsetlik aan die brand gesteek het om hul korrupsie te probeer wegsteek.
. . die plek het ook nie aan die brand geraak oor hulle so hard werk nie. Dit is kommerwekkend oor die brande wat so ‘spontaan’ ontstaan
Eienaardig dat staatsgeboue so brand….. mens ruik n rot.