Foto’s: Gautengers deur die mis

Gautengers is Dinsdagoggend op die N1 met mis begroet (Foto: Gauteng Weather, Twitter)

Talle Gautengers het Dinsdagoggend kop gekrap oor digte mis wat oor dié provinsie gesak en sig op paaie uiters moeilik gemaak het. Verskeie inwoners het dié natuurverskynsel op hul kameras vasgevang en op sosiale media versprei.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het motoriste op Twitter gevra om versigtig op die pad te wees omdat die digte mis motoriste se sig belemmer.

Gauteng het Maandag ʼn baie nat dag gehad met swaar reën wat van vroegoggend tot die aand geval het.

Volgens ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens is dié verskynsel egter nie ongewoon nie en het dit te doen met die warmer weerstoestande wat nou plek maak vir die koeler herfstemperature. “Mis vorm veral ná reën, wanneer waterdamp in sy gasvorm kondenseer. Tydens die kondensasieproses kombineer molekules waterdamp om klein vloeibare waterdruppels te vorm, wat in die lug, naby die aardoppervlak, hang. Hierdie waterdruppels is sigbaar vir die menslike oog in die vorm van mis,” het Venetia Phakula gesê.

Sy sê die verskynsel is veral baie algemeen in die herfs en vroeë wintermaande, wanneer temperature ná die somer nog relatief warm is, maar die lug reeds begin afkoel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Buks ·

Laat my dink aan die dokumentêr Gorillas in the mist, maar nou eerder Gautengers in the mist.

Sarie ·

Dit was al die mis wat gisteraand gepraat was. Oornag oud en wit geword

Wondermaarnet ·

In die Wes-Kaap by Philiadelphia is dit ‘n gereelde ding. Ons ry op die N7 teen sowat 20-30km/h met hazzards aan.

Bugsby ·

Vir Wes Kapenaars is mis nie ‘n rare verskynsel nie, dit is algemeen om mis gedurende herfs en winter te hê, veral due laagliggende gebiede. Ry maar stadig, met noodflikkerligte en misligte aan.

Prontuit ·

Vir ons in Mpumalanga niks snaaks nie ons verwag die mis soos klokslag dan kry jy nogsteeds mense wat dink hulle kan jaag in digte mis ;-(

Madelein ·

Hierdie gebeur gereeld in Roodepoort veral na heelwat reën. Waarom dit nuus is weet ek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.