[Foto’s] Gedeelte van Ou Warmbadpad gesluit ná oorstromings

Swaar reënval het daartoe gelei dat die brug by Pienaarsrivier deur vloedwater beskadig is. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het motoriste gewaarsku dat ʼn gedeelte van die R101 (Ou Warmbadpad) onbepaald gesluit gaan wees nadat ʼn gedeelte van ʼn brug weens vloedwater ineengestort het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê swaar reënval het daartoe gelei dat die brug by Pienaarsrivier deur vloedwater beskadig is.

Die R101 tussen die Carousel-casino en Pienaarsrivier is gevolglik onbepaald vir verkeer gesluit. Motoriste word aangeraai om van die N1-snelweg, wat parallel met die R101 loop, gebruik te maak.

“Die nabygeleë HOP-huise en ander residensiële gebiede in die omgewing word ook geraak,” het Ngoepe gesê.

Krokodille is ook in die omgewing opgemerk en die gemeenskap is gewaarsku om ekstra versigtig te wees.

Lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid, honde-eenheid, rampbestuur en nooddienste is na die gebied gestuur om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.