Foto’s: Geen borgtog vir ‘bokverkragter’

Die persoon wat daarvan beskuldig word dat hy 'n bokooi verkrag en toe verwurg het. Foto deur die DBV aan Maroela Media verskaf

Die persoon wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n bokooi verkrag en toe verwurg het. Foto deur die DBV aan Maroela Media verskaf

Die sogenaamde ‘Sharpeville-bokverkragter’ het Donderdag in die Vereeniging-landdroshof verskyn waar die DBV sy aansoek om borgtog teengestaan het.

Ilana Gericke, voorsitter van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Vereeniging, het gesê die man se aansoek om borgtog is afgekeur. Hy staan tereg op aanklag van bestialiteit en dieremishandeling nadat hy glo ʼn bok op 19 Junie vanjaar verkrag en verwurg het.

Maroela Media het vroeër berig lede van die gemeenskap het die man glo op heterdaad betrap. Die beskuldigde het aan die hof gesê hy was byna ʼn week lank in die hospitaal nadat lede van die gemeenskap hom aangerand het. Hy ontken dat hy die bok verkrag het. Hy het ook regshulp van die hand verwys.

“Die staat en die DBV het die aansoek om borgtog ten sterkste teengestaan,” het Gericke bygevoeg. “Landdros Ferreira was ook besorg oor die man se veiligheid en het daarom ook die aansoek afgekeur.”

Die man moet op 29 Julie weer in die hof verskyn. Die hof wag nog vir die DNS-uitslae.

Mooivaal Media het aansoek gedoen om foto’s van die man in die hof te neem en die aansoek is goedgekeur deur landdros Ferreira.

Betogers het buite die hof saamgedrom en plakkate rondgeswaai teen bestialiteit en dieremishandeling.

“Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ons in hierdie saak van die publiek ontvang,” het Gericke gesê. “Ons is baie dankbaar dat die beskuldigde se borgtogaansoek afgekeur is.”

Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde “Sharpeville-bokverkragter” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marnus Coetzee ·

Die verdagte bokverkragter het seker die bok verwurg omdat hy bang was die bok getuig later teen hom?

Petro ·

Hahahahaha eks jammer maar ek moet lag snaaks marnus wys net hoe onnosel hy is.

André ·

Die mislike skepsel!!! Julle moet sy naam ver en wyd bekend maak.

Leeutjie ·

So lyk ‘n pateet!!! Dis nogal iets wat so mens goed kan doen. Speel die “victim”!!

CHRISTA ·

Hy moet in sy spoor trap. Hy sal dalk volgende keer bokveld toe gestuur word!!!

Cielo ·

Marnus was sarkasties, Petro! Ek dink die terme onnosel verwys so bietjie na …. never mind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.