Foto’s: Gekonfiskeerde drank en messe vernietig

Foto verskaf: SAPD, Noord-Kaap

Foto verskaf: SAPD, Noord-Kaap

Meer as 500 liter alkohol en 3 000 messe wat tydens die feesgety in Kimberley gekonfiskeer is, is vernietig.

“Die alkohol is in ʼn afvoerpyp by die Galeshewe-polisiestasie afgegooi en die skerp voorwerpe is by ʼn vuuroond by die Kimberley Engineering Works Foundries (KEW) vernietig,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die alkohol is tydens die feesgety by sjebeens gekonfiskeer.”

Die polisie het tydens die feesgety talle padblokkades gehou en op sjebeens toegeslaan.

Genl.maj. Kollie Matthys het al die lede bedank dat hulle hul tyd opgeoffer het tydens die feesgety.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

r.k.webb ·

Afvoer pype?…sooo jy se die drank is nou in ons besoedelde riviere?

Asjas ·

Ag lekker man. Nou proe die water beter en brandewyn het al die kiemme dood gemaak. He he he – sorry … bietjie baie water gedrink.

Piet Snot ·

As al die riviere vol brannewyn was,
wie wil dan water hê ……..

PrikkelPrinses ·

Piet Skiet Snot, ek upvote jou antwoord. Briljant!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.