Foto’s: Geldwa brand toe rowers toeslaan

Die rowers het in drie voertuie op die geldwa toegeslaan. (Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

ʼn Bende transitorowers is steeds op vrye voet nadat hulle Vrydagmiddag omstreeks 17:30 op ʼn geldwa tussen Diepsloot en Krugersdorp in Gauteng toegeslaan het.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn bende aanvallers in drie voertuie het op die N14 op die geldwa losgebrand en die bestuurder en twee bemanningslede beveel om stil te hou, uit te klim en op die grond te lê.

“Hulle het wegbeweeg van die voertuig en die verdagtes het daarna springstof gebruik om toegang tot die voertuig te kry.

Geen beserings is aangemeld nie. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

“Hulle het die kontant gegryp en van die toneel gevlug,” het sy gesê.

Geen beserings is aangemeld nie.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

(Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Blomme ·

Ai ons land is in sy peetjie.. As sulke dinge nou al helder oor dag gebeur? Die regering het geheel en al beheer oor SA verloor.

Nick ·

lekker man,Krismis bonus,die anc sorg vir hul maatjies. Regerings georganiseerde misdade,Saps is ook betrokke!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.