[Foto’s] Geliefdes soek ná Knysna-brande

Laurence McGorian. Foto: Twitter via Gift of the Givers.

Die Gift of the Givers-organisasie het nooddiensspesialiste, ambulanse, voorraadvragmotors en ondersteuningspersoneel na Knysna gestuur.

Luidens ʼn verklaring op hul Facebook-blad het hulle hulp van onder meer Shoprite-Checkers, Makro, Woolworths, OUTsurance, Discovery, die Australiese hoë kommissaris in Suid-Afrika,  Kulula en Absa ontvang.

“’n Uitdaging wat ons nou in die gesig staar, is om mense op te spoor wat nog nie met hul families kontak gemaak het te midde van die brande. Families het ons genader en aangedui dat hulle nog nie kontak kon maak met sekere van hul geliefdes nie. Laurence McGorian (80), Carol Hendey (90) en Renier Kok (28) en sy vrou, Alicia Horn (21), het nog nie met hul families in aanraking gekom nie. Ons sal ons spanne stuur om hierdie mense te soek en dit as ʼn prioriteit beskou,” het die organisasie gesê.

Die organisasie het spesifiek aangedui dat enige soortgelyke versoeke na 083 236 4029 gestuur kan word.

James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het intussen gesê dringende stappe word gedoen om noodsaaklike dienste in die Eden-distrik te herstel.

“Ingenieurspanne sal probeer om die waternetwerk met opwekkers aan die gang te kry om die moontlikheid van besoedeling te verminder,” het Styan gesê. Hy het mense gemaan om water spaarsamig en versigtig te gebruik om die beskikbare voorraad water langer te laat hou.

Volgens hom is daar tussen 3 000 en 4 000 mense wat nog erg ontwrig is in die Eden-distrik. Sommige gebiede is ontruim en nog nie weer veilig verklaar nie.

“Daar sal nie toegelaat word dat mense weer terugkeer na daardie gebiede tot dit veilig is nie. Die lansering van waterbomme het ook voortgegaan vandag, veral aangesien daar weer Saterdag gunstige toestande vir brande is,” het Styan gesê.

Volgens Styan hoop Eskom om weer elektrisiteitstoevoer na mense se wonings te herstel. Hy het gesê die munisipale verspreidingsnetwerk is egter erg beskadig in die brande.

Hy het die publiek gemaan om baie versigtig te wees in gebiede waar daar oop kragdrade lê, veral as daar water naby is.

Die telefoondienste in Knysna is glo ook weer in werking, maar word gekniehalter deur die gebrek aan elektrisiteit in baie gebiede.

“Nagenoeg 300 telefoonpale het verbrand; ons wag vir vervangers van ander dele van die land. Ongeveer 15 km optiesevesel- en koperbedrading is ook beskadig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ander Annie ·

My hart gaan uit na almal in Knysna. My Seun is oppad soontoe om te gaan help. In ‘n oogwink verander jou lewe. Dit is so hartseer dat onskuldige mens dood is. Ons dink aan almal wat se lewens so tragies geraak is. Ons sal help net waar ons kan Dankie aan elkeen wat reeds help. Dankie aan ons brawe brandweermanne en vroue. Ons is so jammer dat 1 jong man wat gehelp met sy lewe moes betaal. Baie sterkte.

Eugene ·

Tragies, sterkte aan hulle gesinne en families. Dankie vir Gift of the Givers en ander maatskappye se hulp soos gelys . Hoop dat ANC organisasies en hul kaders se besighede ook hul hulp sal aanbied ……..

Eish ·

Gift of the givers se werk is absoluut verstommend. Ek het raakgelees dat Solidariteit ook betrokke is deur hul strukture. Soos gewoonlik skitter die Christelike kerke in hul afwesigheid. Wat se onse sentrale regering van die ramp?

Kaalvoetkind ·

Eish. . .hoe kan jy so maklik sê Christelike kerke skitter in hulle afwesigheid. . .behoort jy aan een. . .Die kerk is maar die gebou dis die mense wat die verskil maak, en dit beteken volgens jou dat mense skitter in julle afwesigheid. . .en dis nie wat ek beleef nie. . . .van oral oor word hulp aangebied. . .deur mense vir mense soos dit hoort. . .ons is Jesus se hande en voete. . .

Brentia ·

Eish, is jy van George? want as jy is, sou jy geweet het dat die kerke beslis baie, baie gehelp het.
Bergsig NG sowel as Hope Church – hope church alleen het 52 keer van George na Knysna met vragte klere, kombers en kos gery. Maak seker van jou feite, moenie kritiseer nie asb!

Lindie ·

Ek het nou net my beskeie bydrae by ons kerk gaan aflaai. Die vrag(te) vertrek vanaand na Knysna en omgewing. Ons hang dit netnie aan die groot klok nie.

Liezl ·

Nee, jong die Wes Kaap is besig om by die hordes goed in te samel….baie mense van verskillende kerke het alreeds gegee. Die kerk is onsself jong. Kerke help beslis, hulle is nie daar om te verkondig dat hulle iets doen nie. Niemand hoef ‘n naam te noem wie doen wat nie.

Anel ·

Ja Eish! Jy weet natuurlik van al die Moslems, Hindu en Ateiste se bydraes… lig ons bietjie in wat hulle doen. Los ons Christene uit en kyk waar JY ‘n verskil kan maak – so gaan jy dalk die duisende Christene raakloop wat help. Ons is van PTA en ons “Christelike kerk” het ook al ‘n vrag noodsaaklikhede gestuur.

hanna ·

Nee nee….. Maroela het dit bietjie verkeerd.
Die Publiek, ons kerke, fondsinsamelings projekte en baie kleiner instansies asook individue het blyplek, trokke en mannekrag bygedra.
Maar na alles. Mens gee nie om erkenning te kry nie..

Dankie ·

Dankie aan almal wat hulp verleen in die brandgetysderde gebiede. By plekke regdeur die land word goedere en voedsel ingesamel (byvoorbeeld DHL Express), na lughawens geneem vir vervoer na plekke waar dit benodig word. Volgens hoorsê inligting word van dit by Checkers Warehouse (seker Knysna en omgewing)afgelaai en deur Western Cape Goverment versprei. Dankie DHL Express!!!

job jobson ·

Wat traak zumpie !!!! hy is i Gupta dink net aan GELD!!!!!!!

Tillie Nolte ·

Eish… hoe kan jy beskuldigings maak teen Christelike kerke? Almal wat wil help sal help wie of wat jy ookal is! Ek hoef dit nie uit te basuin dat ek n Christen is wat help nie. Doen dit met die regte gesindheid dis wat tel! En ja, daar is baie kerke wat help, ook Christelike kerke!

al ·

Die Here het werklik baie engele op aarde. Baie dankie aan die maatskappye, organisasies en mense op voetsoolvlak wat ñ verskil maak.
Ek bid dat die vermistes veilig opgespoor word.

Ander Annie ·

Pick en Pay se aanlyn diens, sal alles gratis aflewer.

Besorgd ·

Ek hoop regtig dat AL hierdie items, soos blykbaar ingesamel is deur Gift of the Givers, hul bestemming gaan bereik…weet julle wie hulle wérklik is?! ? Ek kan nie help om my bedenkinge te hê nie. Dankie aan elkeen wat hulle harte, beursies en huise oopmaak vir die groot nood. Mag niemand sonder ‘n vol maag en koud gaan slaap nie. Dankie Heer dat U elkeen se behoeftes ken. Dan, aan elkeen wat besig is met noodlenigingsdienste: julle is helde! Dankie, dankie! Vader, vertroos ook elkeen wat geliefdes in hierdie tragedie aan die dood afgestaan het. Bemoedig en versterk asb elkeen wat deur hierdie tragedie geraak is. Mag die kriminele wat hiervoor verantwoordelik was, hul straf kry en ‘n voorbeeld wees vir ander wat ooit weer so iets wil uitvoer. Vader, ek bid dat U geregtigheid mag geskied. Prys U Naam.

Antwoord ·

Besorgd, kan ek jou so antwoord met ‘n vraag: Wanneer ek daar op ‘n motorongeluk afkom dan vra ek eers die geloof, politieke party, velkleur ens. voor ek begin om te help?
Of omgekeerd, sou die slagoffer eers vra: . . . . . ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.