Foto’s: Gelukkige einde vir diere van Bloem-dieretuin

Een van die diere wat aanvanklik vasgekeer was in die skuiling by die dieretuin. (Foto: Verskaf)

Verskeie van die Bloemfontein-dieretuin se tiere, luiperds, wildehonde en voëls begin reeds aanpas by hul nuwe tuistes. Dit nadat dié Vrystaatse dieretuin verlede maand sy deure finaal gesluit het weens die haglike toestand waarin sy diere verkeer het.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het oor die naweek in ’n verklaring gesê al die diere is na hul nuwe tuistes geskuif.

Luidens die verklaring was dit aanvanklik ’n gespook om twee van die dieretuin se tiere, Shevar en Sharukh, uit hul skuiling by die dieretuin te bevry aangesien dié diere se slaapplek onder water van sowat twee meter diep was. Die diere se slaapplek was ook die diere se enigste pad uit die hok.

Vrywilligers kon egter daarin slaag om dié water uit die skuiling te pomp en die diere is sedertdien na Lions Rock-reservaat in die omgewing van Bethlehem oorgeplaas.

Een van die tiere by hul nuwe tuiste naby Bethlehem. (Foto: Verskaf)

Luidens die verklaring pas Shevar en Sharukh goed by Lions Rock aan. “Die twee is nou klaar met hul aanvanklike aanpassingsperiode en is baie nuuskierig oor hul nuwe bure. Die reuk van ander tiere is iets nuuts vir hulle,” lui die verklaring.

Shevar en Sharukh se gedrag word nou gemonitor. Dié twee word ook vier keer per week gevoer. “Albei tiere is gesond en hulle is baie gelukkig in hul nuwe huis.”

Kyk hier na die onderskeie diere se nuwe tuistes:

Love Lions Alive Project Sanctuary was betrokke by die hervestiging van vier groot katte. Hulle het dringende veranderings aan bestaande leeukampe aangebring om hierdie diere te akkommodeer. Nog veranderinge word beplan. (Foto: Verskaf) 

De Wildt Cheetah and Wildlife Centre het die dieretuin se hiënas ingeneem. (Foto: Verskaf)

Mornay Ludicke van Feedgrow het die dieretuin se bokke ingeneem. (Foto: Verskaf) 

Birds of Eden, Monkeyland en Jukani het sommige van die ape, voëls en wildehonde in hul sorg geneem. (Foto: Verskaf)

Birds of Eden, Monkeyland en Jukani het sommige van die ape, voëls en wildehonde in hul sorg geneem. (Foto: Verskaf)

Dr. Johan Joubert en Glen Vera van Born Free by Shamwari het twee luiperds aangeneem. Albei luiperds is reeds in groter skuilings vrygelaat. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eerlik ·

So lekker om bietjie positiewe nuus te hoor en sien!! Dankie aan alle rolspelers!

Mieke ·

Ek vra lankal myself af: wat gebeur nou met die dieretuin gronde wat nou vakant gaan staan? Ek dink al lankal dat die dieretuin geoormerk was vir ontwikkeling. Dit sal nie net ‘n groen area bly in Bloemfontein- dit kan ek julle nou al waarborg.

Genis ·

Ek is so bly … darem het ek n hand in saak gehad, ek ondersteun maandeliks vir four paws… Die diere lyk sommer baie beter!

Sarel ·

1. Word enige persoon of persone vervolg. Klink nie so nie.
2. Uitgeplaasde diere.. baie dankie vir die mense en instansies wat tot redding gekom het. Maar dink bietjie hoe dramaties die verskuiwing vir die diere moes wes. Paar jaar terug het hulle die Olifant verskuif wat dit toe later nie gemaak het nie.

Dana ·

Dit is wonderlike nuus. So dankbaar vir die mense wat praat namens diere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.