Foto’s: Gemeenskap ruk op ná moord op ma, dogter

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn ma en dogter van Polokwane in Limpopo nie.

Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (in haar laat 70’s), se liggame is Donderdagaand laat in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind nadat hulle laatmiddag ontvoer is nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se ondersoek gaan voort.

Honderde mense het intussen Vrydagmiddag na die Mall of the North opgeruk waar Lizette ʼn Ocean Basket-restaurant besit het. Sy was ook die eienaar van die Ocean Basket-tak in Savannah Mall.

“Hulle was bekende gesigte hier in Polokwane en die gemeenskap is geruk toe dit bekend geword het dat hul liggame gevind is,” het Monique Potgieter, een van die vroue wat saam met die gemeenskap opgeruk het, gesê.

Dit was volgens Potgieter net die laaste strooi. “Dit het my diep geraak. Ek het soveel vroue in my lewe vir wie ek lief is en omgee. Dit is belangrik om op te staan vir vroue wat geraak word deur geweld.”

Mense wat aan die vreedsame optog deelgeneem het, het bosse blomme voor Ocean Basket neergesit.

“Dit was nie net vroue wat aan die optog deelgeneem het nie. Dit was mans en mense van alle rasse. Ek het nie verwag daar gaan soveel mense wees nie. Dit was oorweldigend om te sien hoeveel mense het opgedaag.”

Volgens Potgieter kan gemeenskappe nie meer terugstaan en kyk hoe ander onder geweld deurloop nie. “Dit is tyd dat ons opstaan teen hierdie geweld.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoekom

Hulle is nie vermoor omdat hulle vroue was nie, hulle is vermoor omdat hulle wit is. Ons moet die aanvalle op ons mense herken vir wat dit is en dit nie verdeel onder ander sinnelose opskrifte nie. Dit laat die statistieke toelaatbaar lyk deur buitestaanders. Ons is onder aanval, almal van ons, en ons sal dit saam moet beveg…

Pieter

Spontane optrede/optog.

Tyd om erns te maak met God en die Gelofte. Konfrontasie kom spontaan aan.

Willem

Ek stem saam ons moet opstaan teen die geweld

Adeline

Verseker is hulle vermoor oor hulle velkleur – “Black Matter” en “Black” geweld en misdaad is toelaatbaar maar Blankes maak nie saak nie – of dit boere gesinne is of diegene wat in dorp of stede woon moet vermoor word sonder saak oplossings soos een berig op die blad se – mense wag al 6 jaar vir ‘n saak om behoorlik ondersoek te word van ‘n blanke man maar die SWART vrou wat vermoor is se moordenaars word dadelik gesoek en saak ondersoek. RASSE DISKRIMINASIE VANAF DIE HOOGSTE GESAG IN DIE LAND AS OOKAL DIE KERN VAN ALLE MISDAAD, KORRUPSIE… Lees meer »

Werner

Hulle was vermoor omdat hulle wit sagte teikens was hierdie het niks met geweld teen vroue te doen nie.