[Foto’s] Gesin leef in vrees ná aanval op Pta-kleinhoewe

Jaco en Michelle Botma.

Jaco en Michelle Botma.

ʼn Gesin leef in vrees nadat drie gewapende mans hulle Sondagaand by hul huurhuis op ʼn kleinhoewe in Centurion ingewag en aangeval het.

Jaco Botma (26), sy vrou, Michelle (25), en hul vyfjarige dogtertjie het ná ʼn rustige dag omstreeks 20:00 teruggekeer na die huis wat hulle die afgelope jaar en ʼn half in die Mnandi-omgewing huur.

“Ek het in my bakkie stilgehou en was op pad om my dogtertjie op te tel wat op die sitplek geslaap het. Michelle was op pad na die deur toe sy drie mans gesien het wat ons buite die huis ingewag het,” het Botma Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê die mans was in swart geklee en het swart musse gedra. Hulle is nie aan die egpaar bekend nie. Die mans was met stokke, ʼn mes en ʼn 9 mm-pistool gewapen.

“My vrou het vinnig reageer en my gewaarsku. Ons albei kon net betyds terugspring in die bakkie en die deure sluit voor die mans by ons was. Hulle het die bakkie met hul wapens begin slaan en van die vensters gebreek. Een van hulle het my deur die deur op my been geskiet voor ek met die bakkie kon wegjaag en hulp ontbied. Binne 15 minute het die plek gewemel met voertuie en ambulanse.”

Die aanvallers het met leë hande te voet gevlug.

Botma moes mediese behandeling ontvang vir ʼn skraapwond waar die koeël hom getref het en waar glas en skrapnel hom gesny het. Sy vrou is ongedeerd. Hul dogtertjie moes berading ontvang.

“Sy praat nog van die aanval en herhaal wat die mans geskreeu het. Ons gaan probeer om so gou moontlik uit te trek. My jonger broer en sy verloofde bly ook op die kleinhoewe in ʼn aparte huis en hulle voel ook nie veilig nie.”

Botma is oortuig die aanvallers was daar om hulle leed aan te doen en nie om hulle te beroof nie.

“Ek is so dankbaar vir die beskermende hand wat oor ons was en dat my gesin veilig en ongeskonde is,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hennie ·

Ek is so bly hulle het relatief lig hiervan afgekom. Maar ek kan ook nie help om te wonder hoeveel aanvalle daar nog moet wees voor mense wat in afgelee of hoë-risiko plekke woon plan maak om hulle self te bewapen nie. Duidelik werk ‘n kop-in-die-sand volstruis taktiek nie – daar is feitlik elke week ‘n gewapende aaval waar mense seerkry of sterf.

A.G ·

Stem volkome saam Hennie dit kon erger gewees het. Dit is nie net op groot risiko en afgelee plekke waar dit plaas vind nie dit het met my broer en familie in n bewoonde gebied gebeur. So ek glo dit is nodig dat alle mense hulself bewapen ten alle tye. Die lafaarde kom in groepe.

Hoe nogal ·

Hoe moet ons onsself bewapen? ‘n Botteltjie pepersproei of sjokstok help nie teen ‘n paar mense gelyktydig nie. En dis half onmoontlik om ‘n pistool aan te koop. Indien jy dit nie as ‘n sport kan regverdig of as jag nie, is dit onmoontlik om ‘n lisensie te kry.

Hennie ·

Hoe Nogal – Dis net papierwerk, dis g’n so moeilik om ‘n handwapen te lisensieer nie (ek het 4, 100% wettig). Boonop kan mens een handwapen he vir selfverdiging, wat jy nie nodig het om vir sport of jag te motiveer nie. Terloops, baie van ons skiet sporte is regtig toeganklik, so sou jy ‘n tweede handwapen wou motiveer vir sport is al wat jy hoef te doen om by ‘n klub aan te sluit en ‘n paar keer ‘n jaar deel te neem.

Oplossing ·

Ons gaan moet begin saam bly, nie meer elkeen on sy eie nie, dit maak maklike teikens van ons. Ons sal oor hard moet raak, dat hulle leer ons is nie sagte teikens nie. Hulle moet weet dat as hulle na ons kom is daar n baie groot gevaar dat hulle baie seer sal kry, baie seer! Net dit sal maak dat hulle 2 keer dink.

Hendrik Havenga ·

As jy op n plaas of hoewe bly Kom jy nie na donker by die huis te gevaarlik vra my

SandPebble ·

We were attacked in our home too. Also on a plot west of Centruion. The police just recorded it as a break in because we didn’t die. No investigation done. We were badly beaten in the process.

Wern ·

Dis omdat die korrupte regering wil he die misdaadstats moet goed lyk. Daarom neem mense reg in eie hande. Die polisie wil nie. Ons moet maar self iets doen.

Cherokee ·

How on earth could have been there no investigation? I hope you’re wrong but you should inquire.

Manie Geldenhuys ·

Ek is bly dat julle so vinnig kon reageer en veilig is, baie sterkte met die herstel! Dit is ‘n vreeslike traumatiese ondervinding om deur te gaan, en ek hoop julle kry sommer gou ‘n veiliger plek om in te woon.

v ·

Manie as jy van n veilige plek, woonbuurt in RSA weet laat weet my asb want daar bestaan nie so woord in die land nie.

humor ·

Die oplossing le in eie hande. Gemeenskapsbetrokkenheid op n geoganiseerdebasis met n bepaalde struktuur. Beveiliging van individuele wonings. Sikiriteitsliggame met kenners wat kursisse aanbied rakende optrede tydens n aanval. Noodhulpkursis. Verkieslik wapens aan eie lyf. skietoefeninge wat wat jou vertroud maak met wapenhantering. Kenners wat jou kan inlig rakende die beveiliging van jou huis. Elke huis is eiesoortig en meganismis moet daarby aangepas word. Ideale geleentheid vir werkskepping.

Hendrik ·

Manie moet gaan kyk gerus na Conserv. Hulle doen baie goed in ons plot area maar ongelukkig/gelukkig moet daargemeenskapsbetrokkenheid wees.

Idee ·

Maroela, skryf asseblief berigte oor hoe ons betrokke kan raak, hoe ons gemeenskapspolisiegroepe kan stig waar daar nie is nie, en hoe ons onsself kan beveilig.

ElgeraineR ·

n Aaklige ondervinding wat so tragies kon eindig! Hier is net nie meer n toekoms vir witmense in hierdie land nie, mens wonder tog waar dit gaan stop.

Wat-ek-lees ·

Wat ‘n jammerte hulle kon nie raakgery word in die proses maar dit is so dat mens net wil wegkom.
Sterkte aan julle en hou altyd die vuurwapen gereed en MOENIE saam na die huis stap.

Charl NH ·

Om wapen lisensie aansoek inligting te kry , sluit by NHSA ( Google) aan. Die organisasie is baie goed georganiseerd en al die nodige inligting is op hul webblad beskikbaar.
Onthou jy is die eerste een op die toneel wanneer jy aangeval word, nie SAPS, nie jou privaat sekuriteits maatskappy of iemand wat kan help nie. Wees gewapen, weet en oefen om jou vuurwapen te gebruik, dra hom, ken die wet en bly binne die wet. Jou lewe en die saam met jou is in jou hande tot hulp opdaag of tyd koop om te kan vlug.

Ivan ·

NHSA is goed, maar kyk gerus ook na SADPA – dis ‘n skiet sport wat 100% oor selfvedediging skiet gaan en baie goeie oefening is vir die regte ding.

humor ·

Maroela na aanleiding wat idee vra, hier is regtig n belangrike saak. Gee asseblief inligting wie kan help en ook die kanale wat gevolg kan word. Dit verbaas my dat idee nog in hierdie tyd met so n vraag navore kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.