ʼn Gesin van vyf lede is Donderdag op die N1 naby Stableweg-afrit in Kaapstad oorlede in ʼn motorongeluk.
“Die bestuurder het beheer verloor oor die motor en ʼn lamppaal oorkant Canal Walk-winkelsentrum getref,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Al vyf persone is uit die motor geslinger.”
ʼn Man en vrou, in hul 20’s, en drie kinders tussen drie maande en vier jaar oud het noodlottige beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
SoOoooo hartseer! Sterkte en gebede met familie en vriende wie agterbly!
Gelukkig hoef ek nie hierdie boodskapon N24 te lees nie.
Ons gebede gaan uit na die wat agterbly
Geseënde kersfees, julle doen goeie werk, dit word baie waardeer vir ons wat hier vêr sit in sad old oz, mis my land.