[Foto’s] Geweld by Amcu-staking in Mpumalanga

Geweld het op 5 April 2016 uitgebreek tydens 'n staking by Wonderfontein-steenkoolmyn in Mpumalanga Foto: ANA

Geweld het op 5 April 2016 uitgebreek tydens ‘n staking by Wonderfontein-steenkoolmyn in Mpumalanga Foto: ANA

Geweld het Dinsdag tydens ʼn staking van Amcu-werkers by Wonderfontein-steenkoolmyn in Mpumalanga, wat nou al drie weke lank duur, uitgebreek.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en veiligheidswagte het by die Glencore Wonderfontein-steenkoolmyn slaags geraak.

Bedrywighede by die myn staan al drie weke lank stil nadat die werkers oor lone begin staak het.

Die myn het in ʼn verklaring gesê die werkers het begin gewelddadig raak, nadat die betoging aanvanklik vreedsaam begin het. “Die staking het die afgelope twee weke al hoe meer gewelddadig geword,” lui die verklaring. “ʼn Interdik teen Amcu en sy lede is bekom om gewelddadige optrede by die myn te verhoed.”

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê 57 stakende werkers is in hegtenis geneem en vrygelaat op borgtog nadat hulle ander werknemers geïntimideer en skade op naburige plase aangerig het.

Wonderfontein-steenkoolmyn is ʼn vennootskap tussen Glencore en adjunkpresident Cyril Ramaphosa se Shanduka Group.

Amcu het egter die mynbestuur daarvan beskuldig dat hulle ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy, Bidvest Security, gehuur het om sy lede te skiet en hulle te intimideer. Amcu het op sosiale media aangevoer die lewe van ʼn myner in Suid-Afrika het geen waarde nie. “Daar is op ons lede by Shanduka-myn in Wonderfontein geskiet. Die bestuur en veiligheid het stakingsreëls verbreek. Amcu-lede is met skerp ammunisie geskiet,” beweer die vakbond.

Kwapa MacDonald, woordvoerder van die polisie, het die bewerings egter ontken en gesê betogers is met rubberkoeëls geskiet.

Manzini Zungu, woordvoerder van Amcu, was nie dadelik beskikbaar nie, aangesien hy in ʼn dringende vergadering was wat die bestuur van die myn versoek het, ná die gebeure Dinsdagoggend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peter ·

Stakers het die persepsie dat hul met geweld als kan kry indien daar nie aan hul belaglike eise voldoen word nie. Hulle wil plunder en beskadig en dan bekke rek en kla wanneer mense hul eiendom en hulself wil beskerm.

Christo Jordaan ·

En wie gaan betaal vi die skade wat hulle doen aan die onskuldige mense wat nie betrokke raak mt hulle intimidasie en geweld ni

Mielie ·

Ek glo Julius het iets hiermee te doen. Hy het Sy moes on vir Cyril R.

lynette ·

Dis tyd dat almal wat staak, summier afgedank word. Dan kan mense wat wil werk, aangestel word. Dit geld sommer vir die stakende studente ook. Verban hulle van toekomstige universiteitsopleiding sodat die wat wil studeer, hulle studies in vrede kan verrig.

tamboti ·

Ja Lynette, die euwel van staak behoort saam met slawerny nek omgedraai word. Jy as werknemer werk vir ‘n baas vir ‘n salaris, as jy nie tevrede is nie mag jy loop. STOP oor en uit.
Dank hulle af – “fire” hulle asseblief tog julle is besig om met die voortbestaan van die hele myn/maatskappy te dobbel.

Grietjie ·

Ag nee man!!! Wanneer besef hulle laat nie net hulle, maar honderde ander mense wat wil werk, sonder werk gaan eindig.
Dit is soos met Lonmin. Die myn was n insperasie vir duisende, maar niemand weet van die gevolge van so n lang staking nie!!!
Brand en verwoes ons land. Wat gaan oorbly. Wat help dit om eiendomme en geboue te vernietig. Ag nee sies man

E ·

Hoeveel mense is afhanklik van Wonderfontein om hulle gesinne te onderhou? Breek nou af dan is dit die wat wil werk wat aan die pen ry. Dit is n bose kringloop: Pa verloor werk, ma moet harder werk, skool suffer want daar is nie meer geld vir skoolfonds nie, m.a.w hierdie klein hoeveelheid gros wat so staak beinvloed die hele gemeenskap.
Goed dan kom ons strike, verloor als en gaan leef maar soos oeries in die veld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.