[Foto’s] Geweld by ANC-verkiesing in Oos-Kaap

Ontevrede afgevaardigdes en sommige lede van die provinsiale uitvoerende komitee het Saterdagaand uit die konferensie gestap nadat ʼn bakleiery tussen twee faksies in die Oos-Londense Konvensiesentrum uitgebreek het. Foto: ANA

Die stemmery vir die ANC se nuwe provinsiale leierskap in die Oos-Kaap is Sondag in die vroeë oggendure afgehandel ondanks die geweld wat by die party se verkiesingskonferensie uitgebreek het.

Ontevrede afgevaardigdes en sommige lede van die provinsiale uitvoerende komitee het Saterdagaand uit die konferensie gestap nadat ʼn bakleiery tussen twee faksies in die Oos-Londense Konvensiesentrum uitgebreek het.

Van dié afgevaardigdes dring daarop aan dat Phumulo Masualle, die huidige uittredende voorsitter, in sy posisie aanbly. Ander ondersteun Oscar Mabuyane, die uittredende sekretaris wat Masualle vir leierskap daag.

Minstens agt afgevaardigdes is tydens die chaos beseer nadat hulle met stoele en “ander gevaarlike voorwerpe” aangerand is. Volgens ʼn ooggetuie het een afgevaardigde ernstige beserings opgedoen en is hy “in die gesig met ʼn mikrofoon aangerand”. Die beseerdes is per ambulans na hospitale geneem.

Die uitslag van die stemming dui daarop dat die Mabuyane-faksie moontlik skoonskip kan maak. Die Masualle-faksie het aangedui hulle gaan ʼn dringende aansoek in die Oos-Londense hooggeregshof bring om die uitslag van die party se provinsiale verkiesingskonferensie ongeldig te verklaar.

Die resultate sal na verwagting Sondag deur die loop van die dag beskikbaar wees.

Dis mos hoe 'n ANC kongres moet lyk….

Posted by Elmarie Linde on Sunday, October 1, 2017

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Japie ·

Ek stel voor hulle moet swaarder stoele kry. Dit gooi beter as daai wit plastiek nommers.

Boet Fasie ·

Dat ‘n mens nou so baklei om op die soustrein te kom he he he

Cherokee ·

Weet y waarom reageer niemand nie? Omdat jy sò graag wil Ingels praat. :-(

Callie ·

Die Beatles het God beledig, hulle is vernietig, iemand het genoem nie eers God kan die Titanic sink nie, hy kon nie sy nooiensvaart voltooi nie, ANC het God gedaag hulle sal regeer tot die Wederkoms. Kom ons regte gelowiges bly net nederig en bid vir genade. Die res kom vanself

Johann ·

Halooooo Wêreld! Kyk hoe lyk “demokrasie” in ZUPTOPIA!!!!! Maar toemaar; dis als.deel van dienANC LEGACY.

John ·

Ann7 verduidelik mooi dat die verkiesing nie vir gewone burgers oop is nie, net die ANC-uitverkorenes. Daar was glo net 80% van diesulkes aanwesig maar daar is glo sommer namens die res stemme uitgebring. Alles baie demokraties a la Zuma-Afrika. So, wie regeer en wie kies? En so sal al die komende verkiesings verloop…

Boet Fasie ·

Dit is hoekom daar so baie onwettige plakkers op al die dorpe hulle intrek neem. Die ANC sorg dat hulle stemme op elke dorp het al word hulle ingevoer en van onwettige ID voorsien.

Domvraag ·

Was hierdie n vreedsame vergadering of afrika demokrasie

Tanya Kruger ·

Suid-Afrika jou lekker ding!! Ek sal liewer niks verder sê nie want enige iets wat mens hierop sal sê, sal jou beskuldigings laat ontvang dat jy ‘n rasis is. hahahahaha

Arthur van Zyl ·

Dit lyk my hul het “Chair” person letterlik en figuurlik opgeneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.