Ao. Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, het ʼn beroep op motoriste gedoen om van alternatiewe paaie gebruik te maak. Hy het lede van die publiek ook aangeraai om die sentrale sakedistrik te vermy.
Seekoei het gesê die betoging het vroeg Dinsdagoggend begin. Die betogers het bande aan die brand gesteek en stukke hout in die dorp se paaie gegooi. Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te jaag. “Daar was splintergroepe en ons moes almal op dieselfde tyd probeer beheer.”
Volgens Seekoei monitor die polisie die situasie en is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Hy het gesê die betoging hou verband met betogers se ongelukkigheid met die munisipaliteit en dienslewering.
Seekoei kon nie bevestig dat die betogers inwoners van Moses Mabhida is nie. Dié informele nedersetting is sowat 5 km buite die dorp geleë.
Vicky Knoetze, ʼn DA-lid in die provinsiale wetgewer, het gesê die Sondagsriviervallei-munisipaliteit het meer as R84 miljoen in onreëlmatige uitgawes aangegaan. Die munisipaliteit kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Die brandskade behels: Munisipale kantoor, Biblioteek, Anc kantoor, Munisipale vragmotor en trekker.
Hierdie aksie, soos oral in die land word fyn beplan.
Maar die regering bekommer hulle oor n paar regses wat dalk in Bloemfontein wou amok maak en ander studentepret terwyl die land brand.