
Demi Lee Moore ontvang haar Ghoema-toekenning vir beste musiekvideo. (Skermskoot: Video via Facebook)
Die Ghoema-musiektoekennings is Woensdagaand die Sun Arena in Pretoria uitgedeel te midde van ʼn herrie wat oor Steve Hofmeyr se benoeming losgebars het en talle kunstenaars wat die geleentheid geboikot het.
Demi Lee Moore, wenner van die sangkompetisie Die Kontrak, se “Mis Eet Slaap Herhaal” het skoonskip gemaak met vyf toekennings. Sy het gewen in die kategorieë vir beste liedjie van die jaar, beste pop-album van ʼn vroulike kunstenaar, beste musiekvideo, topverkoper-album van die jaar en gewildste liedjie van die jaar.
“Ek dink nie ek sou hier gestaan het as ‘Die Land’ nie onttrek was nie.” Met dié woorde en onder luide toejuiging het Moore haar toekenning vir die beste musiekvideo by die Ghoemas ontvang.
Die Ghoema Musiek Trust het vroeër besluit om die benoeming vir “Die Land” te onttrek weens druk van MultiChoice wat gedreig het om sy borgskap te onttrek indien dit nie gedoen word nie.
“Ons is hier om Afrikaanse musiek te vier en ek voel dit is waaroor dit moet gaan. Maar gelukkig gaan dit nie oor my nie. Dit gaan oor Christian Wolf wat my video gemaak het, asook ‘Die Land’ se video. Johan Oberholzer wat ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ geskryf het, asook ‘Die Land’,” het Moore gesê.
“Ek wil hierdie deel met die vyf kunstenaars wat nie vanaand vereer word nie. Verder wil ek dit opdra aan elke persoon wat nog hoop het in hierdie land, wat bly in hierdie land, wat hulle kinders grootmaak in hierdie land en wat lief is vir hierdie land.”
Adam Tas, Bobby van Jaarsveld, Corlea, Jay, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Ruhan du Toit, Arno Jordaan, Manie Jackson en Nicholis Louw is net sommige van die kunstenaars wat nié die geleentheid bygewoon het nie.
Tarryn Lamb was ook ʼn duidelike gunsteling en het met drie toekennings weggestap vir haar album Mal Oor Jou. Lamb het gewen vir die beste kontemporêre album vir ʼn vroulike kunstenaar, vroulike kunstenaar van die jaar en album van die jaar.
Die naaswenner van Die Kontrak, Ivan Roux, het die toekenning vir beste nuweling ontvang.
Die Ghoemas is vanjaar vir die eerste keer by die Sun Arena gehou, terwyl dit vorige jare by Emperors Palace in Johannesburg plaasgevind het. Daar was ook vanjaar meer kategorieë as in vorige jare.
André Schwartz het ʼn eretoekenning vir sy lewensbydrae in die musiekbedryf ontvang.
Hier is die volledige lys wenners:
Beste nuweling
Ivan Roux – Daai Ding
Beste liedjie
“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore
Beste hip-hop-liedjie
“Ben Ten” – Early B
Beste pop-album: Manlike kunstenaar
Sous – Snotkop
Beste pop-album: Vroulike kunstenaar
Mis Eet Slaap Herhaal – Demi Lee Moore
Beste kontemporêre album: Manlike kunstenaar
Liefdegenerasie – Refentse
Beste kontemporêre album: Vroulike kunstenaar
Mal Oor Jou – Tarryn Lamb
Beste album deur ’n duo of ’n groep
Bewe – Adam
Beste gospel‑album
S1ng – S1
Beste kinderalbum of DVD
Buster & Bella en die Agt Talente – Buster & Bella
Beste alternatiewe album
Die Liefde Album – Jan Blohm
Beste rock-album
Die Middernagtrein – Piet Botha
Beste hip-hop-album
Al Jerome – Jerome Rex
Beste boere- of tradisionele album
Tuisgebak – Brian Nieuwoudt & Fred Rheeder
Beste instrumentele album
Joy – Lizelle Le Roux
Beste musiekvideo
“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore
Beste liedjieskrywer: Solo
Pietman Geldenhuys
Beste liedjieskrywer: Groep
Francois Henning en Dirk van Niekerk
Beste vervaardiger: Solo
Robin Kielly
Best vervaardiger: Groep
Elvis Blue en Juan ‘Floors’ Oosthuizen
Mees afgelaaide album van die jaar
Die Liefde Album – Jan Blohm
Mees afgelaaide liedjie van die jaar
“Die Sluise van die Hemel” – Robbie Wessels en Bok Van Blerk
Mees gestroomde album van die jaar
Aangename Kennis – Early B
Mees gestroomde liedjie van die jaar
“Die Sluise van die Hemel” – Robbie Wessels en Bok Van Blerk
Die publiek se keuse: Manlike kunstenaar
Manie Jackson
Die publiek se keuse: Vroulike kunstenaar
Jennifer Zamudio
Die publiek se keuse: Duo of groep
Vatvas Dansorkes
Bekendste liedjie van die jaar
“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore
Lewenslange bydrae
The Rockets
Lewenslange bydrae
André Schwartz
Spesiale toekenning: Topverkoper‑album van die jaar
Mis Eet Slaap Herhaal – Demi Lee Moore
Groep van die jaar
Adam
Manlike kunstenaar van die jaar
Snotkop
Vroulike kunstenaar van die jaar
Tarryn Lamb
Album van die jaar
Mal Oor Jou – Tarryn Lamb
- Snotkop (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Refentse (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Tarryn Lamb (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Lizelle le Roux (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Craig Du Toit Nel (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
- Willem Botha (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Yom aen Hemelbesem (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Melanie du Bois en Jody Abrahams (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
- Liane Heyl (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
- Willem Botha (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Tarryn Lamb en haar man, Mario (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
- Jarome Rex (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Jan Blohm (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Ivan Roux (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- Vasvat Dansorkes (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)
- The Rockets (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
- Francois van Coke Mila Guy en Beer Adriaanse (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
- Die groep S1 (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
61 Kommentare
Ag toe nou! Ons almal weet mos nou dit is ‘n klug.. en dat ‘n ghoema se waarde nou tot rommelstatus geval het.. erger skande as die Steinhof debakel.. wie wil nou ‘n ghoema ontvang???
Mooi Demi jy het opgestaan vir Afrikaans – as for the rest-
sal ek my doodskaam as ek julle is.
Julle gaan nou ge assosieer word met die res van die uitverkopers van Afrikaans.
Jammer vir julle – …….
Ek is bly Jerome Rex het gewen in die hip-hop kategorie. Ek hou ook van die Vatvas Dansorkers en Early B se Ben Ten is puik. Welgedaan aan al die wenners.
DIE LAND sou loshande gewen het – en almal weet en besef dit.
Bly vir almal vd “B -span” wat gewen het aangesien die ware talent nie mag deelgeneem het nie. Dankie aan die Ghoemas wat verseker dat Steve, Bobby, Bok en die res se volgende 100 konserte uitverkoop sal wees.