Foto’s: Goeie nuus: Dwelmsindikaat wat Upington teister oopgevlek

Een van die verdagtes. Foto: SAPD

Een van die verdagtes. Foto: SAPD

Nege verdagtes wat glo deel is van ʼn dwelmsindikaat in die Wes- en Noord-Kaap is vandeesweek tydens ʼn gesamentlike poging deur verskeie eenhede van die polisie en die Valke in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die sindikaat versprei glo dwelms van Kaapstad na Upington en ʼn spesiale operasie is Maandag en Dinsdag gehou om die verdagtes aan te keer.

“Drie verdagtes is Maandag om 21:00 tydens ʼn klopjag in Somerset-Wes in hegtenis geneem en ses ander, waaronder twee bekende meesterbreine, is omstreeks 02:00 die volgende dag by hul huise in Upington in hegtenis geneem,” het Mulaudzi gesê.

Van die geld waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Van die geld waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Die spesiale operasie, wat Project Dynamo genoem is, is in 2014 van stapel gestuur nadat daar vasgestel is dat dwelmgebruik in Upington begin toeneem.

“Geheime agente is gebruik om die sindikaat binne te sypel. Meer as R850 000 is tussen die agente en die sindikaat verhandel. Die keuse van dwelms wat die agente aangekoop en uit die gemeenskap verwyder het, was hoofsaaklik tik en Mandrax.”

Die polisie het tydens die klopjagte onder meer beslag gelê op ʼn R50 000 se dwelms en ʼn onbekende bedrag kontant.

Die verdagtes, tussen die ouderdom van 25 en 53 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die landdroshowe in Somerset-Wes en Upington verskyn op aanklagte van bedrog, die besit van dwelms en dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Hou nou net die gemors agter tralies, moet hulle nie borg gee nie, want dan verdwyn hulle en is die saak verlore!

Gerhard Bezuidenhout ·

Hoeveel van die rotte is buitelanders wat hier kom kwaaddoen.

snip ·

Stuur hulle na Bali toe, at least staan daai president vas dat sulke dade gestraf moet word met die doodstraf. Roei die uit wat ander se lewens met dwelms wil vernietig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.