Grapjasse het nie op hulle laat wag om gek te skeer met die Australiese krieketspan nadat bewerings van balpeutery aan die lig gekom het nie.
Australië se openingskolwer, Cameron Bancroft, is tydens Saterdag se derde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië op Nuweland in Kaapstad op kamera betrap waar hy ʼn voorwerp uit sy broek haal. Dit is vermoedelik skuurpapier.
Die TV-kameras het in stadige aksie gewys hoe Bancroft iets uit sy sak haal en dit gebruik om die bal mee growwer te probeer maak. Hy het daarna die voorwerp voor by sy broek ingedruk. Bancroft het daarna erken dat hy wel met die bal se toestand probeer peuter het.
Verskeie ondersoeke vind tans plaas en inligting word nagegaan om die omvang van die insident te bepaal. Intussen het Australië se kaptein en onderkaptein reeds hul posisies opgegee. Steve Smith en David Warner staan terug terwyl Tim Paine vir die res van die wedstryd as kaptein gaan instaan.
Teen Sondag het talle spotprentjies, of te wel memes, begin om wyd op verskeie sosiale mediaplatforms te versprei.
Hier is ʼn paar van dié memes:
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Ai tog, hoe het Hy gedink, hoe sal Hy dit kan wegsteek vir die Suid-Afrikaanse MEDIA ???? Erken maar DIT was ‘n Fout !
Hahahaha
Eina !!!
As ons dit met rugby kan vergelyk. Gee die ou n geelkaart. En dan vergeet ons van dit. Dit is net sport. Nie Kim Yon Ung se kernbom knoppie nie.
?????