Foto’s: Grapjasse steek draak oor Aussies se balpeutery  

‘n Nabyskoot wys Cameron Bancroft met ‘n voorwerp. Foto: @VincentBarnes50/Twitter

Grapjasse het nie op hulle laat wag om gek te skeer met die Australiese krieketspan nadat bewerings van balpeutery aan die lig gekom het nie.

Australië se openingskolwer, Cameron Bancroft, is tydens Saterdag se derde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië op Nuweland in Kaapstad op kamera betrap waar hy ʼn voorwerp uit sy broek haal. Dit is vermoedelik skuurpapier.

Die TV-kameras het in stadige aksie gewys hoe Bancroft iets uit sy sak haal en dit gebruik om die bal mee growwer te probeer maak. Hy het daarna die voorwerp voor by sy broek ingedruk. Bancroft het daarna erken dat hy wel met die bal se toestand probeer peuter het.

Verskeie ondersoeke vind tans plaas en inligting word nagegaan om die omvang van die insident te bepaal. Intussen het Australië se kaptein en onderkaptein reeds hul posisies opgegee. Steve Smith en David Warner staan terug terwyl Tim Paine vir die res van die wedstryd as kaptein gaan instaan.

Teen Sondag het talle spotprentjies, of te wel memes, begin om wyd op verskeie sosiale mediaplatforms te versprei.

Hier is ʼn paar van dié memes:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Ai tog, hoe het Hy gedink, hoe sal Hy dit kan wegsteek vir die Suid-Afrikaanse MEDIA ???? Erken maar DIT was ‘n Fout !

Daan Erasmus ·

As ons dit met rugby kan vergelyk. Gee die ou n geelkaart. En dan vergeet ons van dit. Dit is net sport. Nie Kim Yon Ung se kernbom knoppie nie.

DewaldS ·

As die Ausies net self ‘n voorbeeld gestel het en daai leef-en-laat-leef filosofie waarvan jy hier praat gevolg het….

Luister ·

Ja, hy het sommer sy eie geel kaart gehad.
Hulle gedra hulle erger as laerskoolseuns.
In elk geval, ‘n slegte voorbeeld vir jong spelers.

Goeies ·

Goeie memes as ook goeie humor en vermaak. Die starter pack & borg is die beste. Dit is n hartseer dag, die wat die skuld dra is dalk nie die baasbrein. Wat egter ook uitstaan, ondanks n oneerlike plan, het hul nie probeer stry of ontken, werklik n goeie voorbeeld.

EW ·

Hulle moet die onderbroek, skuurpapier, sonbrilsakkie en die bal in n raam monteer en as afskeidsgeskenk v Aussies gee!

Nettie ·

Ek laat my nie vertel dat dit die eerste keer is dat die een of ander Aussie-speler dit doen nie. “Practise makes perfect”, word daar gesê – en ek dink die arme Bancroft is as mees junior speler die ‘takie’ opgelê om die met die bal te peuter om die uitslag van die toets te bepaal.

Piet Potgieter ·

What is the difference between this and match fixing ? Both are premeditated decisions to influence the game! Hansie was banned for life! How long have these guys been doing it? What about the Ashes series or the sudden fall of wickets in Durban,? The whole team, players, coaches and supporting staff should be banned fof at least a year and the Ashes result should be given to England and the Durban test to us!
This wasn’t spit or mud, this was fisical damage done, continiously! Imagine if it was our team, there would have been an outcry from everbody to ban us! Come on ICC, you can do better than the pathetic one match ban of Smith when he eluded to the whole leadership corps! Come on Dave, after this decision you say something had to be done. YOU should enforce harsher penalties!!!

Joe ·

Then Faf, and Philander should also get the correct punishment, faf caught twice,TWICE ball tampering, and yet they made him captain. The ICC is so much softer on RSA than any other team. Proteas continue sledging, aggressive send offs and again nothing. Take Faf and Philander out of the team because of their cheating, de Kock and Rabada for their continues disregard of ICC code of conduct.

Skerpioen ·

Die ou het n fout gemaak, hy het sy daad erken. Dis niks in vergelyking met al die ANC en EFF se foute nie. Ek wens nogsteeds Australie sê dat ek met my gesin daar kan kom bly!

Haan ·

Baie snaaks! Maar moenie vergeet ou Faf is ook al skuldig gewees aan balpeutery

Joe ·

Saffas is die laaste mense wat kan vinger wys. 2013-Faf, 2014-Philander, 2016-wéér Faf, ball tampering, nie eens te praat van bedrog en match fixing nie. Onthou hoekom Gibbs nie kon india toer nie..Hansie..daar’s nog baaaaie.

Mariska ·

Piet Potgieter: i agree with you 100%! I also saw it in the same category as match fixing

Noul ·

Dan moet Faf, Philander ook bans kry, faf x 2. Rabada/Da Kock/Faf verder sledging en send offs, ICC is baaaaie sag teenoor die arme ou Saffas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.