Foto’s: Grappe oor petrolpenarie laat SA’ners skater

Hoewel die stygende petrol- en dieselpryse wêreldwyd geen grap is nie, het Suid-Afrikaners oudergewoonte nie hul sin vir humor oor die petrolpenarie verloor nie.

Honderde grappe en meme word daagliks rondgestuur oor die duur prys van petrol en diesel, wat volgens data van die Sentrale Energiefonds (CEF) in April vanjaar tot R24 per liter vir petrol en R23,60 per liter vir diesel kan styg.

In een van die meme staan ʼn man en kyk na ʼn petrolpomp en die joggie vra of hy leaded of unleaded wil ingooi. “Nee dankie, ek kyk net,” antwoord die man dan.

In nog ʼn skreeusnaakse meem ry die akteurs van die fliek The Fast and the Furious op fietse met die naam van Vin Diesel wat na Min Diesel toe verander is.

Hier is ʼn paar van die grappe wat rondgestuur word:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Misky ·

Nog een wat ek gehoor het: 20lt petrol in ruil vir 3 slaapkamer huis, 2 badkamers, dubbel motorhuis en swembad.

melaney ·

Nog ‘n goeie idee is om perdmis te gebruik om al die potholes toe te maak. Duidelik gaan ons al hoe meer perde op straat sien. Ten minste sal ons nie vir potholes hoef uit te swaai nie.

Wielspore ·

Gooi stadig die R200 se petrol in sodat lyk of ek vol maak.

Marius ·

Nou lekker gelag. Elke donker wolk het ‘n silver randjie…

PersHeks ·

Met al die slegte nuus en waansin in die wêreld, het hierdie sowaar my dag ‘n bietjie “ligter” gemaak!!

Sandra ·

Hilarious. Spesiaal die een van die oom wat net kyk, dankie

Hendrik ·

Indien julle ‘n klein karretjie in die linkerbaan van die snelweg sien wat 100km/h ry, dis ek..

Judy ·

So maak ons Afrikaners die dag baie beter vir mekaar met ‘n lekker lag

Cherokee ·

Seker maar oor ‘n tawwe geskiedenis wat ons so verwronge sin vir humor het.

Annamarie ·

Ja-nee, die hele wereld het mal geword!!! Maar “fellow South Africans ” en sy Taxi buddies , voel n veer !!! EISH!!!!

Raakvatter ·

Ek gooi ook maar R100 in dan vra ek die joggie om so klein bietjie teen die kar te spuit dat dit lyk of ek vol gemaak het.

Genis ·

Ek vra die petrol joggie, wat kos n druppel petrol.. Hy sê toe dit kos niks.. Ek vra toe dat hys asb my tenk sal vol dreup…

Boertjie ·

Ek vra die pompjoggie by pomp 4 om R100 in te gooi. Hy vra toe waarnatoe ek gaan, toe beduie ek na pomp 5 toe.

Cornelia ·

Ons Suid Afrikaners het ‘n baie goeie sin vir humor, en in die swaarste tye sal hulle altyd ‘n grappie maak daarvan, dan is dit darem nie so erg nie, ek het darem nou lekker gelag !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.