Foto’s: Grassnyer in stormwatergat gevind

Die grassnyer wat uit die stormwatergat gehaal is Foto: Stad Kaapstad

Die grassnyer wat uit die stormwatergat gehaal is Foto: Stad Kaapstad

ʼn Instandhoudingspan van die stad Kaapstad het ʼn grassnyer in ʼn mangat in Goodwood gevind.

“Die departement van paaie en stormwater het vroeër vandeesmaand ondersoek ingestel by ʼn mangat op die hoek van Vasco- en Frans Conradierylaan in Goodwood nadat stormwater gereeld daar oorstroom het,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid, Maandag in ʼn verklaring gesê. “Die beamptes was geskok toe hulle op die grassnyer afkom.”

Die grassnyer het die vloei van die water blokkeer en dit het veroorsaak dat die mangat gereeld oorspoel het.

“Dit benadruk die belangrikheid van die stad se veldtog teen onwettige storting wat onlangs deur burgemeester [Patricia] de Lille aangekondig is,” het Herron bygevoeg. “Die veldtog spits hom daarop toe om inwoners in te lig oor onwettige storting sowel as die onbehoorlike verwydering van voorwerpe soos grassnyers of meubels.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Goed gestel Tom, hy het seker nog geluier want volgens die berig het hy die amptenare geskok. dit is seker die een wat kort op hul vooraadlys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.