Ses verdagtes is in Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn vragmotor op die R555 aan die brand gesteek is.
“Die pad na Burgersfort was Maandagaand versper weens die brandende vragmotor,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die pad tussen Burgersfort en Eerstegeluk is toegemaak weens brandende bande en klippe wat die pad versper het.”
Niemand is beseer nie.
“Dit is die vierde vragmotor wat aan die brand gesteek is. Die polisie sal ondersoek of die verdagtes, wat in hegtenis geneem is, verbind kan word met die ander voorvalle,” het Otto bygevoeg.
Die persone sal na verwagting Woensdag in die Burgersfort-landdroshof verskyn.
Die pad is intussen skoongemaak, maar daar is steeds klippe en brandende bande op die Eerstegeluk-pad.
Bykomende beamptes van die eenheid vir openbare orde is ontplooi en monitor die situasie.
Die gemeenskap betoog glo oor ʼn pad wat gebou sou word, maar daar is nog nie enige teken daarvan nie.
Is ons nou in Irak en Iran?
Nee man jy kan mos sien ons is nou in Sirie .
Kyk ek nou verkeerd maar is die fotos dieselfde vragmotor wat gebrand het ?
beslis 2 verskillende trokke. 1 by Eerste Geluk en die ander in Steelpoort. Woord op straat is dat die staking voortgaan vandag en vele ander voertuie/trokke ook beskadig.
Ja nee. Hulle beskadig ander mense se goed omdat die regering waarvoor hulle gestem het, nie dienste lewer soos beloof is nie. Nou is dit almal anders se skuld!! Ai tog. Die mense kan nie so lekker dink nie. Vernietig alles!! Dit is altyd die motoriste se skuld, of hulle betoog oor water, oor skole, of oor n pad…. Dit is die motoriste se skuld dat hulle dit nie kry nie. Nie hulle regeering se skuld nie!
Se net, jy het vergeet van Jan van Riebeeck
Dis twee verkillende datums se fotos daarom lyk hulle nie dieselfde nie Johan.
Dalk gedink dis Jan v Riebeeck se trokke.
Indien skuldig bevind wat dan ?
Lyfstraf en laat hom loop tot ‘n volgende keer. Een ofander tyd sal daar geluister word.
Liewe Lulu. Jy is reg. ek het vergeet van Jan van Riebeeck! Ha ha…