Die balju en die Rooimiere het Dinsdag in samewerking die SAPD en Tshwane-metropolisie grondbesetters in Pienaarspoort, oos van Pretoria, verwyder.
Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregadviessentrum by AfriSake, het gesê dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria vroeër vandeesmaand ʼn hofbevel toegestaan het dat die onwettige grondgrypers van die eienaars se eiendom verwyder mag word.
Castle kon nie bevestig hoeveel besetters van die grond verwyder is nie, maar het gesê meeste van die strukture was onbewoon. “Dit lyk asof die grondbesetters oor naweke die strukture daar oprig, maar gedurende die week is dit maar stil. Baie van die strukture wat verwyder is, het nog nie eens dakke gehad nie,” het hy gesê.
Hy het gesê die grondbesetters het einde Mei begin om strukture op die stuk grond op te rig en AfriSake het onmiddellik ʼn dringende hofaansoek gebring om die grondgrypers te laat verwyder. Die hof het egter uitspraak voorbehou en in hierdie tyd het nog meer besetters op die grond toegesak. Die hofbevel is eindelik op 5 Junie toegestaan.
“Dit is uiters belangrik dat alle grondeienaars hul eiendom en belange beskerm. Eienaars van eiendom moet in die geval van betreding onmiddellik optree om ’n uitgerekte hofgeding te vermy, wat in die geval van onwettige grondbesetting van toepassing is,” het Castle gesê.
“Grondeienaars en die regering moet ook vinnig teen dié besettings optree; indien nie, stuur Suid-Afrika op ’n afgrond af wat uiteindelik tot algehele wetteloosheid sal lei en gebeure soortgelyk as dié wat homself aan die begin van die 2000’s in Zimbabwe afgespeel het.”
Hy het gesê grondeienaars moet ook daarvan kennis neem dat eiendom verbeur kan word indien geen aksie teen onwettige besetters geneem word nie of indien eienaars apaties teenoor die beskerming van eiendomsreg staan. “AfriSake moedig die publiek en spesifiek grondeienaars aan om by organisasies soos AfriSake aan te sluit om te verseker dat eiendomsreg beskerm word soos uiteengesit in artikel 25 van die Grondwet.”
- Die Rooimiere en die SAPD staan gereed om die grondbesetters te verwyder. Foto: AfriSake
- Foto: AfriSake
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
die balju en die SAPD werk vir die Staat, wat deur die ANC beheer word. Dieselfde ANC sê wit mense het die grond gesteel. So by hierdie uitsetting tree die ANC teen sy eie beleid op. Iets maak nie sin nie.
Ek gaan bietjie daar by Nkandla kyk vir so ‘n stukkie grondjie. Ek stel belang in enetjie met alreeds ‘n ‘fire pool’ en hoenderhok.
Ek gaan saam.
Nou wonder ek wie betaal die grond eienaar se regskostes en wie betaal vir die skade aan die grond eienaar se grond?????
Terwyl onwettige immigrante ons land instroom vanuit ‘n vervalle Afrika waar net die polities korrekte media ‘n glansprentjie gee van ekonomiese oplewing in sommige Afrika stede, – kom die “1 Ha per family” van SA se Departement van Landelike Ontwikkeling ook nie van die grond af nie. Ek het self aansoek gedoen vir my 1 Ha, – info aan die VF+. Nog niks gehoor. Daar is grond in SA, maar dit, soos voedsel produksie en gepaardgaande logistiek, moet bestuur word en nie as politieke instrumente waaraan almal op een of ander manier probeer meedoen, misbruik word nie.