[Foto’s] Grondbesetters by Pienaarspoort verwyder

Die grondbesetters word verwyder. Foto: AfriSake

Die balju en die Rooimiere het Dinsdag in samewerking die SAPD en Tshwane-metropolisie grondbesetters in Pienaarspoort, oos van Pretoria, verwyder.

Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregadviessentrum by AfriSake, het gesê dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria vroeër vandeesmaand ʼn hofbevel toegestaan het dat die onwettige grondgrypers van die eienaars se eiendom verwyder mag word.

Castle kon nie bevestig hoeveel besetters van die grond verwyder is nie, maar het gesê meeste van die strukture was onbewoon. “Dit lyk asof die grondbesetters oor naweke die strukture daar oprig, maar gedurende die week is dit maar stil. Baie van die strukture wat verwyder is, het nog nie eens dakke gehad nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die grondbesetters het einde Mei begin om strukture op die stuk grond op te rig en AfriSake het onmiddellik ʼn dringende hofaansoek gebring om die grondgrypers te laat verwyder. Die hof het egter uitspraak voorbehou en in hierdie tyd het nog meer besetters op die grond toegesak. Die hofbevel is eindelik op 5 Junie toegestaan.

“Dit is uiters belangrik dat alle grondeienaars hul eiendom en belange beskerm. Eienaars van eiendom moet in die geval van betreding onmiddellik optree om ’n uitgerekte hofgeding te vermy, wat in die geval van onwettige grondbesetting van toepassing is,” het Castle gesê.

“Grondeienaars en die regering moet ook vinnig teen dié besettings optree; indien nie, stuur Suid-Afrika op ’n afgrond af wat uiteindelik tot algehele wetteloosheid sal lei en gebeure soortgelyk as dié wat homself aan die begin van die 2000’s in Zimbabwe afgespeel het.”

Hy het gesê grondeienaars moet ook daarvan kennis neem dat eiendom verbeur kan word indien geen aksie teen onwettige besetters geneem word nie of indien eienaars apaties teenoor die beskerming van eiendomsreg staan. “AfriSake moedig die publiek en spesifiek grondeienaars aan om by organisasies soos AfriSake aan te sluit om te verseker dat eiendomsreg beskerm word soos uiteengesit in artikel 25 van die Grondwet.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jaco ·

die balju en die SAPD werk vir die Staat, wat deur die ANC beheer word. Dieselfde ANC sê wit mense het die grond gesteel. So by hierdie uitsetting tree die ANC teen sy eie beleid op. Iets maak nie sin nie.

al ·

Wet is wet en moet nagekom word.
ANC se beskuldigings dat wit mense grond gesteel het, is maar net ñ populistiese aanslag en ñ Bell Pottinger (ñ wit monopolie kapitaal maatskappy) – ironies – truuk om verdeeldheid te saai en probeer stemme te werf.
Pateties om die minste te sê.

Grondhonger ·

Ek gaan bietjie daar by Nkandla kyk vir so ‘n stukkie grondjie. Ek stel belang in enetjie met alreeds ‘n ‘fire pool’ en hoenderhok.

Ander Annie ·

Ek gaan ook saam. Een van daardie luukse rondawel huisies is reg vir my vir my aftrede, en as die hoenderhok alreeds daar is, kan my hoendertjies eiers lê vir ontbyt. Boonop is ek veilig met die fire pool en daar is seker genoeg plek om groentetjies te plant. Lekker man lekker.

Wie betaal ·

Nou wonder ek wie betaal die grond eienaar se regskostes en wie betaal vir die skade aan die grond eienaar se grond?????

Johannes Meintjes ·

Terwyl onwettige immigrante ons land instroom vanuit ‘n vervalle Afrika waar net die polities korrekte media ‘n glansprentjie gee van ekonomiese oplewing in sommige Afrika stede, – kom die “1 Ha per family” van SA se Departement van Landelike Ontwikkeling ook nie van die grond af nie. Ek het self aansoek gedoen vir my 1 Ha, – info aan die VF+. Nog niks gehoor. Daar is grond in SA, maar dit, soos voedsel produksie en gepaardgaande logistiek, moet bestuur word en nie as politieke instrumente waaraan almal op een of ander manier probeer meedoen, misbruik word nie.

Hanna ·

Dis n goeie plan almal in Nkandla omgewing wat nie behoorlike huise het nie kan gaan vat wat hulle glo is gesteel.

Dries ·

Maklik om hulle van die grond te verwyder maar nou gaan steek hulle net weer aan die brand, dit is mos hoe dit hier gaan .Mense hoef nie te werk om vir hulself en hulle families te sorg nie, beset,brand af , plunder en as jy belistig is dan verkrag jy ook so op die koop toe

Theresa ·

Bly om te sien daar word iets gedoen om die onwelkome betreders te verwyder. Dis regtig verblydend. As dit stil is in die opgeslane affêre, gaan soek maar op die straathoeke – besig om mense te irriteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.