Foto’s: ‘Grondgrypers’ met rubberkoeëls geskiet

Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Die Tshwane-metropolisie het Woensdag met rubberkoeëls op inwoners van Nellmapius, oos van Pretoria, losgebrand nadat hulle met ondersteuning van die EFF plakkershutte in ʼn oop stuk veld wou oprig.

Die skare het metropolisielede met klippe bestook waarna die metropolisielede met rubberkoeëls op hulle losgebrand het. Die klipgooiers het na die nabygeleë informele nedersetting gehardloop en die metropolisie het hulle in ʼn Njala-pantservoertuig agternagesit. Die Ou Bronkhorstspruit-pad is vroeër met klippe en takke versper en daar is ook motorbande aan die brand gesteek.

Vusi Msiza, woordvoerder van die EFF se Nellmapius-tak, het die grondbesetting Sondag begin. “Ons het mense hier op die stuk grond aangetref waar hulle besig was om plakkershutte te bou. Ons het besluit om hulle te ondersteun, aangesien ons almal hierdeur geraak word.” Hy het gesê mense is moeg daarvoor om vir HOP-huise te wag en dat hulle grond soek waar hulle hul eie huise kan bou.

Dumisa Ntuli, woordvoerder van die ANC in Gauteng, het gesê die spesifieke stuk grond is geoormerk vir laekostebehuising. Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se nasionale woordvoerder, het vroeër gesê die party ondersteun grondonteiening maar wou nie spesifiek kommentaar lewer die gebeure in Nellmapius nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sollie ·

Dis reg as hulle hand uit mou wil steek en eie huise bou, die luigeid moet endkry, maar werk dan soos AL die wetsgehoorsame mense moet – koop jou erf waar dit beskibaar is en DAN bou jy. Wat sal gebeur as ek nou sommer ook lus is om by die see te gaan plak – ek kan nie huis daar bekostig maar kan ook dan sommer sê o maar ons is moeg gewag en wil NOU ‘n huis hê en gaan plak lekker op ‘n stukkie grond wat na die see toe wys.Almal in die regering en om ‘n mens jok so deesdae dan kan ek mos nou ook maar so maak… Dit sal mos chaos afgee! Die helfte van hulle verdien sekerlik nie eers gratis behuising – ek wed jou daar is hope Zimmers en Mosambiekaners en wat nie nog tussen-in!

fourie ·

Mense julle sien Die Malema vent het gaan leer by Robbie in Zimbabwe!! Nee wat ons sal maar die wapen moet op neem, hulle is besig om die land teen n tempo af te breek en die swak regering, AS jy dit n regering kan noem, sit en kyk net toe! Pateties!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.