Foto’s: Grondsoekers sak op Kaapse gholfbaan toe

Foto: Reclaim the City/Twitter

Lede van die organisasie Reclaim the City het Donderdag op Menseregtedag op die Rondebosch-gholfbaan in Mowbray toegesak.

Die organisasie voer aan die besetting is om protes aan te teken teen die Stad Kaapstad se mislukking om openbare grond vir bekostigbare behuising te herverdeel.

“Ons Grondwet is aangeneem om vir arm mense en die werkersklas die reg tot ordentlike behuising en gelyke toegang tot grond te verseker.

“Maar twee dekades later is ons beste grond steeds gekaap deur ʼn paar ryk mense terwyl die meerderheid swart en bruin inwoners steeds aan die buitewyke van die stad leef, ver van goeie infrastruktuur, dienste en werksgeleenthede,” voer Reclaim the City aan.

Foto: Reclaim the City/Twitter

‏Volgens dié organisasie is die Rondebosch-gholfbaan so groot soos 45 sokkervelde en sal duisende gesinne op die grond gehuisves kan word.

Die klub huur die grond glo vir R1 000 per jaar by die Kaapstadse metroraad terwyl lidmaatskap by die klub sowat R15 000 per jaar beloop, aldus die organisasie.

Reclaim the City dring daarop aan dat die Stad Kaapstad die huurkontrak met die Rondebosch-gholfbaan beëindig en dat die grond herverdeel word vir bekostigbare behuising.

Die organisasie meen indien die stad nie hieraan voldoen nie moet die provinsiale of nasionale regering die grond onteien.

Die organisasie het geëis dat Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad, teen 13:00 by die gholfbaan moes opdaag en antwoorde gee op hul besware. Hulle voer aan Neilson is die ware mag wat in beheer is van die stad se finansies en grond. Die onderburgemeester het egter nie opgedaag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

WitBlits ·

Hulle moet die Transkei gaan “reclaim” waar hulle vandaan kom!

Snoopie ·

Kan jy nou meer! Hierdie vragvol krewe is beslis nie golfspelers nie.

Jo B ·

Hier kom ‘n ding. Ek is bevrees dis die begin van ‘n lelike ding. Al ons gholfbane is nou in die spervuur. WAT NOG????… As ons weer kyk wil hulle in ons tuine kom bly.

dink hardop ·

Leon Schuster was in die kol met sy grap in die rolprent Panic Mechanic

johanII ·

Welkom Kaapstad, in die SA waarvoor jul so hard geveg het.

Ferry Man ·

Net nadat die DA bekend gemaak het dat hulle beplan om die grond te ontwikkel as ‘n woongebied vir die armes kom hierdie betogers uit die kas uit om die gedagte te hijack.

willem Botha ·

Die arrogansie van die klomp,will alles verniet hê sonder om daarvoor te werk.Die DA moes lankal n referendum gehou het om die wes kaap n onafhanklike staat te maak,hulle is by magte om dit te doen ek dink die wil is nie daar nie.

Dries du Toit ·

Wat praat jy Willem. Die DA veg hand en tand teen selfbeskikking. Waarom dink jy praat ons van ANC-lite

marco polo ·

Wie gaan hulle keer? Nog erger, wie gaan hulle keer as hulle op n plaas toesak?

Alma ·

Ja, dit laat mens so dink aan n klomp sprinkane wat “toesak” op n stuk land en as alles opgevreet is trek hulle net na die volgende groen stukkie veld. Laat niks goed agter nie net kaal gevrete stokkies.

marous ·

Hulle hoef nie gras te plant nie , en daar is ‘n lekker kroeg en as die lede ophou om R15 000 per jaar te betaal gooi hulle die karre met klippe . Viva!

Karlahari ·

Die 1000de wat van die Oos Kaap kom met modder skole en bos toilette dring aan op dienste in die Wes Kaap wat hulle nooit gehad het nie.
Maar afbreek is baie makliker as bou. Enige persoon kan afbreek, maar nie almal kan bou nie…..

PR ·

Karlahari ek stem 100% saam. Reclaim the City – hulle was nooit hier nie, het soos sprinkane die Transkei opgevreet. Dit is waar julle vandaan kom, gaan bly daar en pas bokke op.
Aan Julius Mal ema, jy se Zimbabwe se inwoners is beter af, want hulle het grond en julle die plebs het nie. As Zim dan beter is, do us a favour en gaan bly daar.

willie ·

Oooooo,ek sien uit na die dag wat daai voorste lienie dikkes moet omdraai en hardloop. ?????????

Hanna Hoekom ·

Die verskil tussen n golf klub en n “belistigbare woonbuurt” is dat die een geld inbring en die ander een dit opsuig! Golf “demand” nie belastinggeld om aan die lewe te bly nie. En die omgewing bly skoon.

Sê maar net ·

En julle almal wat grond soek is gebore en getoë in Kaapstad? Julle het al hard gewerk? Ek het my stukkie grond…ons het betaal vir hom en ons het gewerk vir hom, als wat daarop is is ons s’n. Dis nie deur iemand anders ontwikkel nie, my man het dit self ontwikkel, ons probeer self n bestaan maak. Ons betaal self ons eiendomsbelasting, ons betaal self vir Eskom (wanneer dit werk). En glo dit of nie met die genade van ons liewe Vader, ons sal aanhou glo in Hom, tot Hy weer kom. Amen

Roberto Betta ·

They should start with soccer fields considering Banana Banana are giving everyone no joy. Now there’s a waste of land.

Thys ·

Vat hom flaffie!!!!!!!!! In DIE SA moet ons bly,dit gaan spoedig baie lekker raak !!!!¡!!!

Carl ·

Foto 2: Vanessa Swanepoel, die lewe behandel jou goed as aktivis en jy tel darem mooi gewig op. Jy moet regtig begin kyk dalk na jou gesondheid eerder as om jou te vermoei met nonsens.

Pim ·

@ Carl, behalwe vir die Free Land wat sy soek, kry sy ook Free Health Care so sy gaan net aanhou dikker word en dan is dit die mense met die regte werke wat vir haar gaan moet betaal as sy in die hospitaal opeindig. Haar toi-toi maatjies sal nie ‘n bydrae wil lewer nie.

Arnót ·

Die mense is reg vir n verandering, die land is vrot van die gholfbane wat net water vreet wat die Kaap in elke geval nie kan bekostig nie. As die DA die Kaap wil hou sal hul moet begin on na die kleurlinge te sien. Waar in die wêreld kan jy n R1000 per jaar vir n ding betaal en dan R15 000 per jaar vir duisende mense laat betaal? Klink vir my na korrupsie?

Snoopie ·

Arnot, jy weet weinig van golf of golfbane. Jy het geen benul wat dit jaarliks kos om dit in stand te hou nie. Dit is nie n lappie gras op n rugbyveld nie.

Luca ·

Gee al die speelplek vir die rykes se golfbane aan lae koste behuising. Water en sanitasie reeds beskikbaar.
Wie het ‘n golfbaan nodig as jy nie ‘n dak oor jou kop het nie.

Pim ·

Daar is heeltemal te veel gholfbane wat vir net ‘n paar rykkes gehuur word vir ‘n belaglike prys. Ek is seker die Stadsrade kan maar kyk daarna om ‘n paar te omskep in bekostigbare lae koste behuising. Mense spandeer soms die helfde van hulle tyd en geld aan ‘transport’ werk toe en terug. Daar is ook baie parke wat nie meer gebruik word nie, gebruik dit vir ‘n goeie doel.

Bietjie baie ·

Hierdie 3e mag is niks anders as Malema se boeties nie.
Belaglik hoe hulle alles wat netjies is wil uitmekaar skeur. Hulle ken net wanorde. Ordentlike mense pas goed soos geboue , universiteit koshuise, klinieke en skole op.

Gekke en dwase breek af en verwag môre weer nuwes. Dis nie eers lagwekkend nie, dis afstootlik.

Maljan ·

Moenie eis nie julle gierigaards, KOOP! niemand skuld jou en jou nageslag eers n kaia nie.

JaNee ·

Nou waar is al julle DA ondersteuners deesdae? Het die DA al ooit reguit gepraat oor plaasmoorde, Afrikaans ens? So hoekom is julle nog so ‘in’ met die die ANC-Light aka DA? Hoekom vra ek? Lig ons in.

Dina ·

Uiters belaglik! Geen grond is gekaap nie, dis wettig bekom en daar word wettiglik maandeliks daarvoor betaal. Ek dink die media moet ophou om so baie aandag en mag aan die opstokers te gee. Julius Malema is daarop uit om onmin te saai. Mag hy en sy trawante in hul spore gestuut word sodat die oningeligtes die waarheid kan raak sien.

Sarie ·

Is die oningeligtes ooit in staat om die waarheid raak te sien

Snoopie ·

Nick, Nick, Nick. Jy is wraggies lelik nou. Veral vir iemand wat nog nooit enige grond besit het nie. Maar ok, jy het darem n selfoon, daaroor kan jy trots wees.

John ·

… wakker word met wat vir wat? As ‘n land se leier die saak van die grypers ondersteun gaan grootskaalse weermagoptrede volg. Die EFF en BLF toon groot ooreenkomste met die Nazi’s tov redenasiewyse dat wit mense onderduims is en nie hier hoort nie. Destyds het die Duitse regering allerhande stories versin om die volk agter hul plan te kry. Grootskaalse uitwissing het met die buit van Joodse eiendom gepaard gegaan. Huise, eiendom en geld moes net so gelaat word. Dit is gekonfiskeer en uitgedeel aan begunstigdes. Grootskaalse plundering was regoor Europa aan die orde van die dag. Nasate van die Jode sukkel nou nog om eiendom uit banke en museums te kry… te vergeefs…

m.d.r. ·

Amen op jou inset John. Ongelukkig is daar nog ‘n hele boel Afrikaners wat eerder hulle arms sal af baklei ter ere van die nagedagtenis van ou Adolf, as om die ooreenkomste raak te sien. Die waarheid is eenvoudig dat as ons hierdie ooreenkomste aan die groot klok hang en die wereld daarvan bewus maak, gaan daar groot druk op die ANC geplaas word…..maar nouja daardie Afrikaners na wie ek verwys het se mos nee dankie vir buitelandse hulp……!

jd ·

Hulle bly op die buitwyke sonder infrastruktuur omdat hullennie daarvoor wil betaal nie. Ek werk my agterent af elke maand om my huis, water, ligte en dies meer te betaal. Hulle kan ook daar bly, maar betaal wat jy moet betaal en gedra jou en moenie diere kom slag en massa partytjies en begrafnis hou in woonbuurt nie. Gaan doen dit op die regte plekke.

Carina ·

Golfbane ‘n totale waste – speelplek vir die rykes. Dis reg demand alle golfbane vir lae koste behuising. Water en sanitasie reeds beskikbaar. EFF rock

Asmain ·

En dis die enigste stukkie grond in die Wes Kaap waar huise gebou kan word? Hoekom is die grondgrype altyd op wynplase, golfbane ens en nooit op n onbewerkte oop stuk grond nie? Dis n gevaarlike politieke speletjie

Koos ·

Ongelooflik hoe ons grondwet verkrag word. Ek het nog nooit in die grondwet gelees dat grond van een geneem moet word en aan ‘n ander gegee moet word nie. Wat daar wel staan is dat almal gelyke TOEGANG , daartoe moet hê. So almal wat R15000 per jaar betaal het mos gelyke toegang tot die golfbaan. Politikuste moet verantwoordelik gehou word vir stellings wat vals is en as die waarheid verkondig word.

Gustav ·

Haai, en daar is Rondebosch se liberales toe ook uiteindelik deel van hul inklusiewe Afrika droom. Lekker man lekker.

Ai ja jai ·

Carina ek weet nou nie of EFF rock nie, maar as gholfbane oorgegee moet word is rugbyvelde en atletiek bane seker volgende. En dan oop spasies in dorpe en stede. Mens moet erens wet en orde handhaaf nie waar nie. EFF = anargisme

Sarie ·

Kom ons kyk bietjie hoeveel van daai klomp is geregistreerde EFF-lede, hoeveel sit dalk In die parlement, of op die provinsiale regeringsbanke of munisipale raadsale en trek elke maand ‘n vet salaris. Ek wonder maar net hoeveel van hulle is onwettige immigrante en dalk gesoekte misdadigers in die land. Dan het hulle die vermetelheid om die kom DEMAND!! Ons demand ook dat die grondwet ons beskerm en beveilig soos wat daar in die grondwet verseker word

Ray ·

Volgende week is dit SA Brouerye Nuweland, daar is ‘n Krieketveld, en Rugby stadion, maet fasiliteite langsaan. Mooi uitsig op Tefelberg en verniet Bier. Awesome

Fanie ·

Sosalisme werklikheid nie. Dit was ‘n flop in baie lande en miljoene mense het hulle lewens verloor on die regeringsyelsel. Ongelukkig is dit baie aanloklik as jy arm en in jou 20s is. Nie eens die Duitsers kon dit regkry nie. Daar is geen manier wat die vandag gaan werk het. Bou eenvoudig net die ekonomie groter, CR. (ekonomie 101)

KrokodilBotha ·

Da gee grond net as hulle die plek afbrand. Hou dop

Blommie ·

Weet julle hoekom is daar nie ordenklike infrastruktuur in sekere omgewings nie.
Want ALLES word afgebrand tot op die grond, moet nou nie verbaas wees nie.
Maar begin goed op te pas, dan sien julle hoe mooi die omgewing om julle groei. Leer julle kinders van kleins af dat vadalisme van ENIGE aard verkeerd is en nie toelaatbaar is nie. Dis verkeeeeeeeerd om n biblioteek, skool of enige iets af te brand! Daai geskiedenis wat afgebrand IS, sal noooooit weer terug gebring kan word nie. Dis verby, WEG vir altyd, dink vir n slag voordat julle doen, teken n petisie dan as julle so voel, maar om af te brand om julle sin te kry, is VERKEEEEERD.

Attie. ·

Sulke groot parke vir ‘n sport wat R1500 per maand kos vir slegs die rykstes van die rykes, dan kom die 19 de putjie se kostes nog by, het geen reg om na 25 jaar nogsteeds in die land te bestaan nie. In Mobray is n reusepark terwyl brandarm mense grondhonger is. Dit maak nie sin nie. Indien ‘n stadsraad dieselfde opppervlakte beskikbaar stel vir hommeltuig en radiobeheerde vliegtuigies, sal ek ook se dat dit nie sin maak nie. Gaan sit mooi en dink dat die land min of meer 4 miljoen blankes, 6 miljoen kleurlinge en 60 miljoen swartes huisves. Ek stem by die stembus vir my mense en die ou NP was ver te links vir my sienings maar die gholfspelers verteenwoordig ‘n groep wat moet besef die een wat in die RSA wil oorleef sal moet aanpas of vlug. Jammer maar ditis hoe ek dink.

Jerry ·

Die toekoms wat die ANC/EFF vir Suid Afrikaners beplan is n kombinasie van Venezuela en Zimbabwe waar n golfstok vir iets anders gebruik word as vir golfspeel!

GM ·

Ek speel nie golf nie, maar ek verstaan nie hoe daar van jul is wat dit goedkeur dat grond net gevat word vir lae-kostebehuising nie. Dit bring immers geld in en skep werk.
Wie se skuld is dit dat die populasie so groot is en daar nie blyplek vir almal is nie? Die land is net so groot. Dié wat nie geld het nie, kry die meeste kinders, en dan moet dié wat belasting betaal, vir die kinders sorg. Nou kort 5 kinders huise, oor ‘n paar jaar het elkeen 5 kinders, dit maak 25 kinders wat huise kort, plus dan nog die ouers en hul ouers wat ook huise kort. En water, en kos, krag, vullisverwydering, rioolverwydering, gratis skoolopleiding en universiteitsopleiding, ens. Sien die mense dit nie in nie?
Maar dis mos makliker om apartheid te blameer vir als. Gebruik die sokkervelde vir behuising. Dan word daar vir ‘n slag regverdig ‘gevat’.

JohanL ·

Punt is of jy daarvan hou of nie, daar is plek vir gholfbane en vir die jaloerse mense wat nie gholf wil of kan speel nie, los daardie mense en hul sport uit. Konsentreer op die werklike oortreding – en dit is mense wat weer grond ONWETTIG wil beset. Of dit ‘n gholfbaan is, of ‘n openbare park of ‘n krieketveld, dit mag nie gebeur nie. Los emosie en konsentreer op feite en landswette.

Hoe gaan dit wees as mense wat nie grond het nie, al die nasionale Parke begin beset net omdat hulle nie die bewaring van die natuur- en diere-lewe steun nie?

Kan nie glo daar is sg “nugterdenkende mense” wat reken daar is nie plek vir gholfbane nie.

PR ·

Op ernstige noot. Sonder emosie, ons hoor hoe lank van staatskaping, guptas, ons vorige nommer 1, publieke kennis groot vriend van guptas. Die guptas het al die armsalige hooggeplaastes, insluitend nommer 1 so maklik omgekoop en basies ons land gekaap tot waar ons nou is. Collins English dictionary definieer HIGH TREASON as volg, “putting your country or it’s head of state in danger”. Cambridge dictionary, “the crime inter alia, attempting to help an enemy to take control of your country” Deur staatskaping, die omkopery van nommer 1 en sy makkers is dit presies wat gebeur. Wonder of iemand met kennis en gesag dalk ‘n klag van hoogverraad teen diegene verantwoordelik hiervoor, insluitend die guptas wat na bewering SA burgerskap het, kan begin. Ek glo dat selfs in RSA die misdaad wel bestaan en die grootste moontlike vonnis kan kry. Lank trug die doodstraf.

Attie. ·

Johan, jy is heeltemal reg, Ons moet keer of alle parke gaan nog oorgeneem word deur plakkers. Indien daar lank terug in Mobray eerder ‘n ordentlike woonbuurt gebou was dan sou daar nie ‘n probleem vandag gewees het nie. Ja, ek speel nie gholf nie want om in vandag se situasie daardie bedrag, R15000 per jaar aan lidmaatskap van die klub te bestee is n dekdelse groot skande. Golfspelers val buitendien in die inkomstegroep wat baie daaraan dink om te emigreer. Ek is ‘n ou man maar was hele paar jaar op die grens om ons nageslag te” beskerm. ” My raad aan jou is om jou paleis nie naby n park of gholfbaan te bou nie. Geniet jou gholf die naweek.

Attie. ·

Johan, ek terg jou net so ‘n bietjie. Tog dink ek dis baie verstandig en ruil jou stokke in op batterye en sonpanele. Wat verseker die waarheid is dat die ANC stel slegs in sy eie visie belang vir die toekoms en dit is beslis nie om gholfbane te duld nie. Ek wil graag leer gholf speel en is nou eers net oor die 70. Eendag speel ons dalk saam op Mobray se baan so tussen die plakkers deur. Joggies gaan volop wees en so spaar ons die koste van ‘n karretjie.

JohanL ·

Attie, dis als reg :) :)

Ek het stokke maar soos jy skryf dis baie duur om lid te wees. So ek is nie lid van ‘n klub nie en speel saam my seun so 2 tot 3 keer per jaar waar ons onsself dan “treat” al moet ons as nie-lede dan gewoonlik duur betaal.

Al beplan ek aftrede vir Tuinroete, sal ek spesiaal Mowbray toe ry as jy my nooi :) Hoop net al die vlaggies sal nog staan op die baan.

Gert van Wierdapark ·

Gee hul elkeen n grondjie langs die baan, maar laat hul ook ledegeld betaal! “Say no More”

George in Bloem ·

Ek kan dit nie help nie maar as ek die mense sien,sien ek……errr….rooi? Letterlik en figuurlik……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.