ʼn Groot brand het Sondag by die Van der Sterr-gebou by die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap uitgebreek.
Die bestuur van die universiteit het dadelik ʼn vergadering belê om ʼn gebeurlikheidsplan in te stel vir studente en personeellede wat deur die brand geraak word. Rekeningkunde en statistiek word in dié gebou aangebied.
Die universiteit het bevestig dat hy binnekort ʼn aankondiging sal maak.
Dit is nog nie duidelik presies waar of hoe die brand ontstaan het nie.
Maroela Media verneem brandbestryders is nog steeds op die toneel, maar die brand is reeds onder beheer gebring.