Foto’s: Groot brand in Mosselbaai

Brand by Vakansieplaas naby Mosselbaai op 25 Desember 2014 Foto: @vwsfire, Twitter

Brand by Vakansieplaas naby Mosselbaai op 25 Desember 2014 Foto: @vwsfire, Twitter

Brandbestryders moes deurnag spook nadat ʼn brand op Kersdag in Vakansieplaas naby Mosselbaai in die Wes-Kaap uitgebreek het.

Volgens eNCA het brandbestryders die brand eers omstreeks 03:30 geblus. Die Mosselbaai-munisipaliteit moes hulp ontbied van George en ander nabygeleë munisipaliteite.

SA Weather Reports het ook bevestig die brand is geblus, maar monitor die toneel.

SA Breaking News het berig verskeie huise is beskadig, maar geen beserings is aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annelize Pretorius ·

Dit is fantasties om die nuus vars te lees en nogal verniet ek is baie lief vir nuus lees dan bly mens op hoogte van alles is ook lid van Afriforum het in Bloem ook aangesluit by hulle veiligheidsdienste die hoof is in Fichardtpark dankie vir al jul moeite

Kosie ·

As u baie lief is om die nuus te lees, neem tog waar dat daar in nuusberigte leestekens en punktuasie gebruik word, me Pretorius.

Annelize Pretorius ·

Ek stem oor rassisme ens ons is almal een my buurman is swart en ons het soveel respek vir mekaar sal eerder vir hom hulp vra as my buurmanne wat agter ons bly

Andre Olivier ·

4 jaar terug was ek met vakansie in Hartenbos toe dit ook donker die middag geraak het van n kampvuur wat buite beheer geraak het. Ai Ai dit is so hartseer om sulke lelike goed sien gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.