Foto’s: Groot brand in Vredehoek

Die brand in Vredehoek. Foto: Twitter

Die brand in Vredehoek. Foto: Twitter

Brandbestryders het Maandagaand gespook om ʼn groot brand in Vredehoek in Kaapstad onder beheer te bring.

Volgens berigte het die brand kort na 22:00 ontstaan en is talle huise deur die vlamme bedreig. Sommige inwoners moes glo hul huise ontruim. Die brand is egter kort na 23:00 onder beheer gebring nadat minstens agt brandweerwaens en 40 brandbestryders onverpoosd teen die vlamme gespook het. Volgens ʼn inwoner het die vlamme bo die huise se dakke uitgesteek.

Die foto’s is op die Vredehoek-gemeenskapsblad op Facebook gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.