Foto’s: Groot geskarrel om R2 miljoen se kos af te laai, versprei

Helpende Hand laai vragte kos af in Derdepoort. (Foto: Verskaf)

“Ons laai nie net kos hier af nie, ons is besig om hoop vir ʼn groot groep mense in Suid-Afrika hier af te laai.”

Só het Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, gesê terwyl hy self in die menseketting gestaan het wat, vir die grootste deel van Donderdag, vragte en vragte se kos in Derdepoort in Gauteng afgelaai het.

“Hierdie is ʼn reuseskenking in ʼn tyd van ongekende nood. ʼn Mens kan eenvoudig nie help om emosioneel te word nie,” het hy bygevoeg.

Dit kom nadat Solidariteit Helpende Hand die grootste enkele skenking tot nog toe ontvang het sedert sy voedingskemas in April uitgebrei is om te midde van die Covid-19-pandemie hongersnood in die land te takel. Josef Silo’s en Houers VOL Hoop is tydens hierdie tyd van maatskaplike nood op die been gebring.

Hannes Noeth, hoof van Helpende Hand, help kos uitdeel in Derdepoort. Foto: Verskaf.

Die skenking is deur die Douw Steyn-familietrust, namens Douw Steyn en sy gesin, gemaak, en ook namens die Suid-Afrikaanse ondernemings wat hy gestig het (Telesure Investment Holdings, Auto & General Insurance, 1st for Women , Dialdirect Insurance, Budget Insurance, 1Life en hippo.co.za; sowel as Steyn City Properties en die Saxon Hotel).

AfriForum en Saai het vandag gehelp om ʼn maand se voedsel vir ongeveer 10 000 mense te versprei. Josef Silo’s is opgerig, waar nagenoeg 40 plekke aangewys is waar nie-bederfbare kos afgelewer kan word om aan behoeftiges landswyd te skenk. Met Houers VOL Hoop kan die publiek uit die gemak van hul huis R350 kontant skenk waarmee noodsaaklike kruideniersware aangekoop en in pakkies opgemaak word, wat dan deur Helpende Hand se gevestigde strukture versprei word.

Helpende Hand, wat deel vorm van die groter Solidariteit Beweging, het sedert die landswye afsonderingsperiode aangekondig is, sowat 3 000 gesinne en 257 instansies, soos ouetehuise en kinderhuise, met maatskaplike verligting gehelp.

“Die Solidariteit Beweging se Krisisfonds het ongelooflik gegroei die afgelope tyd en dit is danksy gewone mense wat elkeen bietjie gegee het,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit bygevoeg. “Ons is eintlik bewoë as ons sien hoe die gemeenskap mekaar help. Vandag het die Solidariteit Beweging Krisisfonds ʼn yslike hupstoot gekry en ons kan nie méér dankbaar wees nie. In hierdie krisistyd moet ons mense help met die oorgang sodat hulle weer voluit kan werk.

“Die ekonomiese afswaai gaan nog lank duur. Mense wil werk, maar kan nie werk nie. Solidariteit ontwikkel ’n omvattende werkherstelprogram en deel daarvan is om met oorgangshulp te help. In hierdie moeilike oorgangstyd na ’n nuwe normaal moet ons mekaar help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ronel ·

Groot dank vir nog kospakkies aan die wat dit broodnodig het.

Alleen Wolf ·

Wat kan ons sê, dis ‘n groot gebaar van Douw Steyn, Immers weet ons waar daai hulp heen gaan, ek wens hom en sy besighede God se rykste seën toe.

Oomniklaassevriend ·

Die aanloop tot die hofsaak vandag waarby die Dept van Toerisme en Afriforum betrokke is toon duidelik waar die regering se sentiment is. Gemeenskapsondersteuning sal in die toekoms al hoe noodsaakliker vir ons oorlewing word. Ondersteun organisasies wat so ‘n diens lewer en besighede wat ons volksgenote indiens neem. Doen dit eksklusief en met ‘n goeie gewete. Die regering sal sorg vir die ander.

Frans ·

Kyk hoe word dit angery na die townships en niks na die wit mense wat swaar kry nie ma hule verwag wit mense moet net gee

Martin ·

Nee wat ou vriend, geen idee waar jy aan die inligting kom nie, ek persoonlik was betrokke by die verpak en die vervoer, en ek kan jou belowe dis nie in n township afgelaai nie. Feite is so belangrik as mens op die internet goed sit. Vriendelikke groete

Jaco ·

Ek het ‘n hele paar jaar gelede eendag gaan help met noodleniging in ‘n wit plakkerskamp. Eks vinnig weer daar weg, want omtrent al die arm wit plakkers het gerook en in elke plskkershuisie was baie drankbottels. Ek het besef dat my “hulp” hulle net aanhelp om nog van daardie totaal onnodige goed te koop. Arm mense wat só leef, het nie regtig hulp nodig nie. Gelukkig maak die regering se huidige verbod op drank- en sigaretverkope dit nou baie maklik om sonder morele wroeging arm wit mense te help.

Rodger17 ·

Solidariteit eenvoudig pateties met hulp vir arm witmense,hulle is die pits!

Kruger ·

Ek en my vrou help ook met kos op EEN voorwaarde – dis net vir “ my peoples “ as ek uitvind dit gaan na “ our peoples “ stop ons dit….

Leeuwyfie ·

Hierdie goedhartige gebaar het die bal aan die rol gesit vir die staat om soos kommuniste alle skenkings na HULLE te vat, vir HULLE om uit te deel waar HULLE wil.
Dankie helpende hand. Mag ons dit ook oorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.