Foto’s: Groot ongeluk bring JHB-snelweg tot stilstand

Foto's: ER24

Foto’s: ER24

28 mense is Vrydagoggend beseer in ʼn kettingbotsing waarin 16 voertuie op die N12-wes in Benoni aan die Oos-Rand betrokke was.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het net ná die Tom Jones-afrit gebeur. “Die voertuie wat in die ongeluk betrokke was, het vir sowat 100m ver twee van die snelweg se vier bane versper ,” het Bodasing gesê.

Die 27 mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Owerhede is op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Die pad is van die Snakeweg-afrit vir verkeer gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ladybug ·

Die pad was nie gesluit nie! Dis nonsens! Verkeer het kilometres teruggestaan vanaf Tom Jones afrit en is gereguleer deur die Brandweer want van die metro lede was besig om besonderhede te neem by motoriste, ER24 en ander ambulansdienste op die toneel besig om beseerdes te behandel, terwyl EMPD se SWAT lede staan en nonsens praat het met SANRAL se mense en NIKS gedoen het om verkeer te reguleer of die taxis te stop wat STEEDS deur die verkeer gevleg het en agter die brandweerwa aangery het om te probeer voorkom in die ry!!!!!

Johan P ·

dit sal intressant wees om die oorsaak van die ongeluk vas te stel, asook hoeveel taxis daarin betrokke was. Ek kan glo EMPD het gestaan en niks doen nie want dit is in hul natuur om niks te doen nie. Hul boeties by JMPD doen presies dieselfde.

Peet Schabort ·

Dalk weer “Hoe meer haas hoe minder spoed” ?
EN GEEN GEDULD ?
VOLGAFSTAND ?
VLEG DEUR VERKEER ?
Dit om MISKIEN TWEE MINUTE TE WEN (indien jy NIE ‘n ongeluk maak).
Dit is my deksel dat almal in dieselfde rigting beweeg (jaag?) en inmekaar vasry.

winette oelofsen ·

Ek gebruik elke dag die N12 en moet bieg Taxis,minibusse,trokke en motors wat van bane verander sonder om te kyk of net voor jou indraai nadat passasiers afgelaai word langs die “hoofweg” veroorsaak ongelooflike frustrasie en skep groot gevaar vir motoriste wat veilig wil bestuur!!!!

V ·

Nee regtig waar kyk.Dit is omdat almal ongeduldig is en jaag.Elke liewe dag is daar ongelukke,kan mense nie meer bestuur nie,los dan eeder die vinnige motors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.