Foto’s: Groot skade toe winkel in wildtuin brand

Die winkel in die Letaba-ruskamp in die Krugerwildtuin is bykans heeltemal verwoes. (Foto: SANParke)

Die oorsaak van ʼn brand wat die winkel by die Letaba-ruskamp in die Krugerwildtuin Woensdagnag in puin gelaat het, word ondersoek.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, sê die brand het vermoedelik in ʼn stoorkamer uitgebreek en na die res van die winkel versprei. Die winkel is grootliks verwoes.

Die kamp se televisiesaal is ook ernstig beskadig.

Volgens Thakhuli was niemand in daardie stadium in die winkel nie en geen beserings is aangemeld nie.

(Foto: SANParke)

Personeel van die ruskamp asook brandbestryders van omliggende kampe het gespook om die brand onder beheer te bring. Dit is in die vroeë oggendure geblus.

Akkommodasiegeriewe word nie deur die brand geraak nie.

“Die res van die kamp en fasiliteite soos die Olifantsaal is ongeskonde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Ai dis groot skade. Dis altyd lekker om die winkeltjies te besoek soos mens deur die wildtuin ry en Letaba sin was ook sommer net lekker om deur te loop koue water, roomys en allerhande snuiserye te koop. Hoop die skade word gou herstel. Dis al plek waar ons gaan vakansie hou omdat dit gerieflik na aan Polokwane is.

Remlut ·

So het my plek ook gelyk toe dit afgebrand het, gras dakke brand lekker en die sogenaamde beskerming dat dit nie sal brand nie nonsens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.