Foto’s: Groot span swoeg teen brand

Die brand teen Paarlberg het omstreeks 18:00 Donderdagaand ontstaan. Foto: Drakenstein-munisipaliteit

ʼn Groot span brandbestryders het Donderdagaand in die Paarl geswoeg om te keer dat ʼn verwoestende brand teen Paarlberg verder versprei.

Riana Geldenhuys, woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit, het laataand gesê hul brandweer en dié van die Kaapse Wynland en Stellenbosch tesame met private organisasies was aggressief besig om die brand te probeer bedwing.

Drie helikopters, sowat 15 brandweervoertuie en 40 brandbestryders was op die toneel waar hulle probeer verhoed het dat dit na wonings aan die hange van die berg versprei.

Niemand is teen omstreeks 22:00 Donderdag beseer nie en tot in daardie stadium het geen lewens in gevaar verkeer nie, het Geldenhuys gesê.

Die brand het omstreeks 18:00 Donderdag ontstaan en is aangeblaas deur ʼn sterk wind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Poppie ·

Eers St Francisbaai en nou Paarl. Wonder wie of wat doen dit? Dit is beslis nie per ongeluk nie.

Regtig?! ·

Weet jy, partykeer is iets maar bloot net dit wat dit is. Daar hoef nie ALTYD een of ander duistere komplot agter dit te wees nie. In al die eeue het berg en veldbrande ontstaan net soos ons nog altyd van tyd tot tyd ander rampe beleef het. Ek kan jou vereseker St Francisbaai se brand het niks te doen met Paarlberg s’n nie anders beter die brandweer in Polokwane solank opsuit, so ook die in Durban

Francois Joubert ·

As jy belangstel kan ek vir jou die video aanstuur wat die plaaswag geneem het. Na die vorige verwoestende brande onder die Hugenote tonnel is daar vinnig reageer op ‘n volgende rokie. Daar vind hul toe drie kerse wat brand met die doel om brand te stig. Die vierde kers het toe reeds ‘n brand begin wat betyds gestop is.

1+1 ·

“Waar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie” Se die spreekwoord. Wees proaktief en stel ondersoek in as die eerste tekens van so iets gesien of ervaar word. Dit geld dus nie net vir ‘n veldbrand nie, maar vir jou gesondheid “liggaamlik of geestelik ook want jou verhoudingslewe aanbetref,

John ·

Partykeer is daar tog oorsake vir probleme… of nie? Miskien is jy tog reg want hier teen Kersfees verdwyn die geld hoeka uit my beursie en dan sukkel ek vreeslik as die nuwe jaar aanbreek en die rekeninge kom en die kinders se skoolfonds betaal moet word… maar wag… ek wil net eers my nuwe motor in die motorhuis trek voor die reen kom.. en my nuwe skoene uittrek en….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.