Foto’s: Groot verkeersontwrigting ná N1-ongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Vier mense is beseer in ʼn botsing op die N1-noord tussen die John Vorster- en Bothalaan-afritte in Centurion, wat hewige verkeersvertragings veroorsaak het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê ʼn swaargoederevragmotor en drie ander voertuie was in die botsing betrokke. Die vragmotor het ná die botsing oor twee bane tot stilstand gekom.

Volgens Steinmann is vier mense beseer. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg. Steinmann het gesê nog ‘n botsing het plaasgevind terwyl paramedici besig was met die beseerdes van die eerste botsing. Een persoon is in die tweede botsing beseer, op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Verkeer is intussen erg ontwrig weens die botsing. Die akteur en sanger Izak Davel was een van die talle motoriste wat in die verkeer vasgesit het en daaroor op Twitter uitgewei het. “Vermy die N1-noord tussen John Vorster en Botha. Dit is al amper twee ure.” Die sanger Steve Hofmeyr het ook op Twitter gevra: “Wie sit vas in die 10km verkeersknoop op die N1 noord tussen Vorster&Botha?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Wat is ons metropolisie en verkeerspolisie se doel? Sover ek weet doen hulle NIKS!! Hulle steur hulle nie eers daaraan as jy verkeersprobleme aan hulle rapporteer nie, daarom verbaas hierdie wanorde op ons paaie my nie meer nie. Dalk sal daar iets aan gedoen word as een van ons ministers of “hooggeplaastes” ‘n familielid in so ‘n ongeluk verloor. Maar waarom moet dit so ver gaan voordat iets daaraan gedoen word?

Hans ·

Nie heeltemal waar nie. Ek was self in die omgewing en het opgemerk dat die Metropolisie aktief besig was om verkeer by die John Vorsterwisselaar te reguleer.

Peet Schabort ·

Ek sien op ‘Google Earth’ sulke goetertjies oor die pad. Dis seker die e-tol goedjies? Daar gaan ook seker moet betaal word al het jy nie jou bestemming bereik?
Wat ek nie kan verstaan is dat almal in dieselfde rigting ry (jaag?) en dan gebeur so-iets. Daar is nie ‘n tyd van die ongeluk maar dit lyk soos spitsverkeer. Dis dan hier waar spoed relatief is teenoor verkeersvolume.
Iemand moes ‘n ligte foutjie gemaak het? Ja, ek spekuleer nou maar dis al wat kan wees.
Weg van hierdie ongeluk het ek al die volgende beleef: Té hoë spoed vir padomstandighede; Volgafstand; Vleg deur die verkeer; Maar bowenal is daar GEEN GEDULD teenoor mekaar.
En natuurlik ook die laatkom by die werk. Vir lg. is dit ‘n kwessie van vroeër ry want anders is dit:
“RATHER BE LATE, THAN ‘THE LATE'”.
Dankie dat ek nie deel is van die “rat race”.

Lappop ·

Die probleem op ons paaie is spoed. Die idiote wat 60 en 80 op snelwee ry. Hoe kan dit toegelaat word. Jy ry 120 , die padspoed , kom oor ‘n hoogte dan is daar ‘n idioot wat stadig ry. Dit is die probleem. Wat my die meeste verbaas is dat dit nie teen die wet is om te le en bestuur nie. Dis reg, le en bestuur. Ek het al partykeer 2 maal gekyk na ‘n voertuig, wat lyk asof dit geen bestuurder het nie, maar dan is die sitplek so plat gestel dat hy by die agterste kant venster uikyk. Hoe kan dit toegelaat word? Daardie bestuurder het geen beheer oor sy voertuig nie, en wat erger is, hy kan beslis nie behoorlik sien nie. Maar tipies ons slim regering, word daar nie na die werlike oorsake van ongelukke gekyk nie, nee, spoed is die oorsaak en nou moet dit vereminder word sodat hulle baie boetes kan skryf, want hulle het geld nodig. Dit gaan nooit oor die probleem wat voor die hand is, oplos nie, dit gaan oor ‘n geleentheid kry om geld uit die probleem of die sogenaamde”oplosssing” te maak.

Knersus D ·

Lappop ek het ook die frustrasie met die ‘chilled’ bestuurders! Ek sit op die punt van my sitplek, albei hande op die stuurwiel en oog op die pad. Dan moet ‘n mens wakker wees vir die bestuurders wat le en bestuur….

Jacques ·

Lappop ek stem saam. Ongelukkig bevat die K53 opleiding geen inligting oor snelweg bestuur nie, en almal doen maar wat vir hulle gemaklik is. Stadige bestuurders is volgens my een van die mees gevaarlike probleme op ons snelweë, veral op die opritte.

Lappop ·

Hi , Knersus D
Ek hou van jou naam. Ek reken daardie naam is vir baie van ons nommerpas! Ons bly op die Ashoop , so noem ek ons dorp. Voorheen was ons munisipaliteit se tuine ‘n lus vir die oog. Ons parke, en die damme daarin, was skoon, die sypaadjies was gelyk en “potholes” ongekend.
Jaques, dit is so. Spoed is die oorsaak, die wat TE stadig ry. Die probleem is nie die K 53 nie, die probleem is die wat lisensies het maar nie kan bestuur nie. Ken iemand wat by ‘n motorhandelaar gewerk het. Klient koop kar, die dag wat sy die kar kom haal, vra sy vir die verkoopsman watter pedaal is die petrol , watter een die rem , en hoe moet sy dit gebruik. Sy het ‘n lisensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.