[Foto’s] Groot vrolikheid by nasionale biddag

Nasionale biddag in Bloemfontein (Foto: Marine Lourens, Maroela Media)

Angus Buchan sal binnekort sy boodskap lewer by die “It’s Time”- nasionale biddag op die plaas Wilde Als net buite Bloemfontein.

Honderde duisende mense het sedert 04:00 Saterdagoggend na die terrein gestroom in afwagting om die boodskap te hoor. Die verrigtinge, wat geskeduleer was om 12:00 te begin, is vertraag aangesien daar gewag word op nog mense wat glo te voet vanaf Bloemfontein op pad is. Terwyl daar gewag word op Buchan, is daar vrolik geloofsliedere gesing en mense het gedans, vlae in die lug geswaai en op ramshorings geblaas.

Die organiseerders kon nog nie ʼn presiese getal bevestig van hoeveel mense die geleentheid bywoon nie, maar dit word as die grootste bidgeleentheid in die geskiedenis van Suid-Afrika bestempel.

Verskeie mense wat met Maroela Media gepraat het, het gesê hulle is opgewonde oor die groot hoeveelheid mense wat van oor die land heen gekom het om die geleentheid by te woon en glo dat dit die begin van die verandering is wat die Here in Suid-Afrika sal meebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

pbotha ·

wonderlik! Dit is egter nie die grootste bidgeleentheid in SA nie. Die ZCC kerk in Limpopo trek oor Paastyd tot 5miljoen kerkgangers.

Johan ·

Ek reageer op P Botha se kommentaar dat die ZCCs oor die paasnaweek 5miljoen mense saamtrek. Wat vir my merkwaardig is vam hierdie geleentheid van Angus Buchan is dat dit totaal interkerklik is, Christene van alle kerke en velkleure het dit bygewoon. Ek dink dis merkwaardig wat Angus bereik het en glo dat dit waarlik ‘n Godgeseënde en Christusgevulde geleentheid was. Ek glo ten volle dit die dag en almal wat daar was dit met opregtheid gepaardgegaan het en daar nie enige verskuilde agendas was nie. Aan God al die eer. Amen!

Fred Nel ·

Ek glo die verskil in intensiteit is dat hierdie Bid byeenkoms slegs 1 dag is en nie oor n paar dae strek nie.
Oom Angus het die Boodskap gekry 22 APRIL 2017. Van die tyd wat dit bekend gemaak is tot nou, is hierdie n ” Miracle” om soveel mense bymekaar te kry vir Saamstaan vir hulle Geloof.

Fudge ·

Ek wil asb duidelik sê, dit was glad nie Angus Buchan se dag ni, hy sê dit self, dit was ons Here se dag (soos elke dag) dit was ook ni Angus B wat alles gereël het, of liewer gedelegeer het, of die nasie bymekaar gekry het, meer as n miljoen, hy was net n instrument, n werktuig (en AB eien homself geen lof toe ni) hy besef terdeë dat n gebeurtenis van hiérdie omvang veel groter as hy is, hy het n opdrag gekry ‘kom ons bid saam’ en was net gehoorsaam, niks meer niks minder…

Veronica Smit ·

Jammer.Die ZCC gaan ELKE jaar na n konferensie wat strek oor n paar dae.Hierdie was n spesiale biddag om God se aangesig te soek om SA te verander.Dit was n biddag.Enig in sy soort-sal nooit weer herhaal word of nodig wees!Die gebed is gehoor en die verandering het gekom!!!

Mandy ·

Net ‘n regstelling – jaarliks gaan daar ongeveer 1 miljoen mense na Moria – diegene wat dink dis 5 miljoen moet asb. hulle somme weer gaan maak .. net so wys lugfotos dat daar ongeveer 300 000 mense die afgelope saterdag by die byeenkoms was – deur syfers op te blaas sterk julle net die ongelowiges in hul kwaad want hulle beskou die gelowiges al klaar as leunaars

TeS ·

Mense dit was ongelooflik lekker. Dit was ordelik en selfs die kinders was gedisiplineerd. Geen gerond hardlopery of geskree nie. S.A het gewys daar kan orde wees.

Annie ·

Daar was n magdom jong mens wonderlik om te sien hoeveel jong mense God dien

Cornelia ·

Dit was ‘n wonderlike byeenkoms, en daar was ‘n magdom van die pragtigste jongmense. Baie van die “marshals” was ook jong mans en meisies. ‘n Baie, baie geseënde byeenkoms na my mening, en ons sal die rippel effek daarvan nog lank in ons land ervaar.

Mel ·

Amen, prys di Here! Ons as mens doen di moontlike en God sal di onmoontlike doen

Suan Kolbe ·

Ons dien ‘n lewende God wat gebed verhoor. Mag die ‘n begin van vele wees! Mense reg oor die land wat nie kon gaan het saam gekom by hulle kerke en ook gebid.
Laat dit nie iets word wat vergelyk word met ander dinge nie of gebruik word vir enige sensasionele doel nie. Dit is wat dit is – heilig. Amen

Eben Coussew ·

Sal n moed wees as elke persoon wat asem in het by die geleenthede op n horing kan blaas in die rugting van die Here bo tot die aarde dreun en skud! Beslis!

Fred Malan ·

Nee, slegs 6 weke terug. Dis waar die “miracle” in kom, want om ‘n geleentheid te reël waar ver meer as ‘n miljoen mense byeengekom het, neem gewoonlik ver meer as ‘n jaar. Hierdie dag sal nog opgeteken word as ‘n keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis. In kort, God gaan ingryp en die land genees.

Geraldine ·

Nee, hy het om en by 8 weke terug die boodskap gekry! Die event is in 6 weke gereël! Net God het dit moontlik gemaak.

S ·

Sputnik as jy die media dopgehou het sou jy gesien het dit was als gereel in 6 weke se tyd EN NIE IN 2016 NIE. Kry asb jou feite eers reg voordat kommentaar geplaas word. Jesus se genade is groot en vandag is dit bewys. Prys die Heer. Mag almal wat daar was veilig terugkeer na hul tuistes.

Surette ·

Dit was AMAZING!!! Dont entertain the negativity. Dit is presies wat satan wil he…hys bang en hy MOET wees, God se kinders staan saam teen sy werke. As jy nie daar was om dit te BELEEF nie, hou eder jou 10 sent vir jouself!
Want mede christene… boy oh boy God IS in control! Things are about to happen in SA!!!

Maryna Styn ·

Dit was ‘n ongelooflike onbeskryflike ervaring!!!! Alle eer aan ons hemelse Vader wat alles moontlik gemaak het en vir oom Angus , as klein en nietige nederige mens gebruik om Sy Woord te verkondig en Sy spreukbuis aan die mensdom en alle volke te wees, om hul te verenig sodat daar vrede en liefde kan wees….. liefde in Jesus.

Ange ·

2 Kronieke 7:14

Ons moet Jesus eerste soek en die res sal volg. Maak mens se hart bly om te sien hoe mense bymekaar kom vir Jesus.

Johannes Meintjes ·

As Christen is ek verheug oor die demonstrasie van geloof in SA. Ek verstaan net nie waarom hierdie groot SA biddag vooruit beplan is om dit op internasionale Aarde Dag te hou is nie. Agter Aarde Dag is Gaia en daaragter is die eeue oue Feesdag van Ishtar?

snip ·

ai raai Johannes meintjies…. daar word dit net so…. vervang met nationale biddag. God is GROOT.

Adrie Reinecke ·

“Gereël” deur die Skepper van Die Hemel en Die Aarde!

pbotha ·

Ek wou met my opmerking oor die grootste bid geleentheid in SA slegs perspektief gee…nie negatiewe opmerkings oor enige iemand nie. God kan in elk geval…ongeag wie die prediker is…deur Sy Gees werk en dit tot Sy eer omvorm. Die almag van God is baie groter as enige byeenkoms of kerk of prediker. Ongelukkig mis te veel van ons daardie realiteit.

snoefie ·

so waar. dis regtig verblydend om te sien mense het van heinde en verre gemom om Jesus aan te roep. is daar een onder die hervormdes, ng, katolieke, anglikane en dies meer wat dieselfde wil doen? nee. hulle is stil. ek is nie n Angus fan nie. maar…. dít wil gedoen word.

Dissipels vir Jesus ·

Die groot sending opdrag van God:

“MAAK DISSIPELS VAN AL DIE NASIES” word gerieflik nagelaat deur die sogenamde “geloftevolkie” wat in hul eie drog-werêldjie hulself bo Christus verhef deurdat eis hul nie saam ander volke mag aanbid en dan dat sommiges wat beweer hul van “die” volkie is, se gedrag en taalgebruik geensins tot eer van Jesus Christus is nie. Verder kom die oordeel en vergelding slegs God toe. Dink maar wat wat hoe Hy elkeen sal weeg volgens sy/haar aardse optrede ;-)

Jenny ·

Daar staan in d Woord-ALLE NASIES BUIG JULLE KNIEE EN AANBID MY…..dis absoluut amazing om te sien hoe gehoorsaam die nasie was,EN OM NET TE NOEM, DIE VOLK WAT DAAR WAS,HET TOT GOD GAAN BID EN NIE TOT ANGUS NIE. MAG GOD HIERDIE LAND AANRAAK IN ONS NOODKREET

Cobus ·

Ek is sekker die geld wat ingesamel is was te min om al die toerusting en stadion te betaal. Sou wat wou gee om daar te kon wees. Mense ons word beproef tyd is min. Dankie oom Angus dat oom bereid is om on te lei. Oom is n profeet van God wat maar net die boodskap oordra. In die Bybel praat hulle van die mense wat klippe sal gooi. Ek glo en vertrou dat God ons gebede gaan verhoor en dat Hy Suid Afrika gaan omdraai. Ons is sy kinders en hy gaan ons gebede verhoor. Hy het vir ons gesterf en vir ons opgestaan vir n rede. Glo en vertrou en kyk hoe ons land gaan blom. Alle eer aan ons Almagtige Vader. Amen

Spikkels ·

Dakar is geen geld ingesamel nie. Alles was geskenk en verniet. Prys ons Heer

Annie ·

Ek en my liewe Vader was daar. Almal mis die punt. Op hierdie geleentheid het almal eerstens bewys dat hulle in GOD glo. Bekeerd of nie, hulle het gekom. Dit is die een Wonder van Christenskap. Hier maak taal, kerk en politiek nie saak nie. Ons loop almal dieselfde pad. Ons glo in die Drie Enige God. Hy is al Een wat verandering kan bring. Daarom was ons almal daar. In n deurmekaar wereld is geloof moeilik. Enige idee hoeveel jong mense daar was? Almal opsoek na leiding, leiding wat net God kan gee. Dit was n belewenis. En elkeen wat werklik n Christen is, sal dit weet. God weet wie en wat ons is. Hy kyk na die egtheid van die hart en die bedoelings waarmee ons bid. Waarmee ons OPDAAG! Ons het ook nie geld vir petrol gehad nie, maar daar was n antwoord. My pa kan nie meer loop nie, maar daar was hulp. Wie is Enige een om God se werking te bevraagteken? Sy oproep van n volk? God roep ons in ons harte en verstand. Oom Angus het die geleentheid geskep. Dankie aan alle mede gelowiges wat saam gebid het. Selfs by die huis. Dankie aan die mense wat hulle lewe op die spel geplaas het om ons veilig terug by die huis te kry. GOD IS GROOT!

Annie Erasmus ·

Ek en my liewe Vader was daar. Almal mis die punt. Op hierdie geleentheid het almal eerstens bewys dat hulle in GOD glo. Bekeerd of nie, hulle het gekom. Dit is die een Wonder van Christenskap. Hier maak taal, kerk en politiek nie saak nie. Ons loop almal dieselfde pad. Ons glo in die Drie Enige God. Hy is al Een wat verandering kan bring. Daarom was ons almal daar. In n deurmekaar wereld is geloof moeilik. Enige idee hoeveel jong mense daar was? Almal opsoek na leiding, leiding wat net God kan gee. Dit was n belewenis. En elkeen wat werklik n Christen is, sal dit weet. God weet wie en wat ons is. Hy kyk na die egtheid van die hart en die bedoelings waarmee ons bid. Waarmee ons OPDAAG! Ons het ook nie geld vir petrol gehad nie, maar daar was n antwoord. My pa kan nie meer loop nie, maar daar was hulp. Wie is Enige een om God se werking te bevraagteken? Sy oproep van n volk? God roep ons in ons harte en verstand. Oom Angus het die geleentheid geskep. Dankie aan alle mede gelowiges wat saam gebid het. Selfs by die huis. Dankie aan die mense wat hulle lewe op die spel geplaas het om ons veilig terug by die huis te kry. GOD IS GROOT!

Louise Maritz ·

As dit net op TV of radio uitgesaai kon word, was daar soveel meer mense wat deel kon hê van die diens wat inbelang van ons almal vir Ons land was. Mens vra die vraag as sport en ander groot gebeurtenisse op TV en radio is hoekom nie die byeenkoms nie?

George Coetzee ·

Stem 100% saam! Wie het besluit dat dit nie uitgesaai mag word nie?

Patrick ·

Dit sou baie nice gewees het ja, maar dink net hoeveel mense sou dan eerder in die gemak van hul eie huise voor die televisie sou gesit en kyk het eerder as om die geleentheid by te woon en saam met andere te bid. Eenheid maak mag. Prys die Here vir diegene wat wel daar was, asook diegene wat nie so gelukkig was om daar te gewees het nie maar tog saam gebid het, of dit nou by die huis of by n kerk of byeenkoms was. Loof die Here en dankie vir die verandering wat gaan kom in SA.

Marius ·

Oom Angus het gese dit mag ni uitgesaai word ni. Kyk sy youtube met Die Groot ontbyt

AndreK ·

Jy mis die punt, die idee was dat mense bymekaarkom, so het daar ook nog baie meer op ander plekke bymekaar gekom. Hoeveel maak ook nie saak nie, die idee was dat soveel as moontlik mense op dieselfde tyd God aanroep en eer en ons land opdra aan hom. Die verskil wat dit maak sal eerstens in die harte wees van die mense wat hierdie grootse geleentheid bygewoon het en ook die ander wat glo dit was God se wil om as n nasie saam te bid… ek was nie daar nie, maar dit raak my ook, want ek glo in ons Almagtige Skepper en Vader en dat sy Seun my vergewe het vir my sondes…

Jaco van Staden ·

Aan God al die eer lof en aanbidding want Hy is waardig om geloof te word

magda ·

Ek Magda en chris was daar dit is een woord awesome..Prys die Here…. belewenis om soveel mans te sien wat hulle hele gesin kon bring….Here seen julle almal….veilig ry….Ons God is groot…wonderwerke het plaasgevind..

Ann Richards ·

Nee wat, moenie steur aan die negatiewe kommentaar vanuit die peanut gallery nie. Wat n wonderlike ervaring, soos die kryisvaarders en pelgrimsreisigers van ouds het ons saamgetrek om die Here se aangesig te soek en voor Hom te kniel en te buig voor die ware Jehovah. Christen-vriende wat ons al dekades ken wat toe al die Here gedien het en steeds so vurig is en te lanklaas gesien is , is weer raakgeloop by die byeenkoms en terwyl ons reis.. Ek het geen twyfel dat dit n geskiedkundige byeenkoms was wat die land en suidpunt v Afrika baie vinnig en nog vir lank hierna gaan impakteer nie.

Manie & Marthie Mountany ·

Na 28 uur op die pad, as deel van die 30 Intercape busse vanaf Kaapstad, was dit met harte vol van dankbaarheid om die geleentheid te kon beleef saam met soveel eensgesinde kinders van die Drieenige God. Woorde en beelde kan dit nie beskryf nie. Die boodskap wat ons huistoe neem is een van hoop, asook die verantwoordelikheid van elke gelowige om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die land Suid Afrika en sy mense en dit begin by jouself. Die mens wik maar GOD beskik.

MARTIE WILLEMSE ·

-EK WAS DAAR EN GLO MY DIT WAS AWSOME . EN JA ONS GAAN NEGATIEWE MENSE KRY. MAAR AS KINDERS VAN GOD GAAN ONS ONS NIE DAAR AAN STEUR NIE SO HOU JUL NEGITIEWE GEDAGTES VIR JUL SELF AS JUL NIE IETS GOEDS KAN SE BLY STIL OF SOEK VIR JOU N ANDER LAND WANT AS JY NEGITIEF IS IS JY IN ELKGEVAL VAN GEEN NUT VIR DIE LAND. WORD WAKKER EN BESEF GOD KAN ONS LAND VERANDER.

John ·

Hoe lyk dit met ‘n grootse ware Christelike musiekfees sonder politiek, uithakers en drank.
Dit kan gedoen wees….!

Spikkels ·

VIR al die negatiewe persone en kommentare.
BUT GOD ….

Christine Wessels ·

Dis was oom Angus gese het. BUT GOD. HALELUJA. AMEN. Belewenis wat vir ewig by my sal bly. Trane het hele tyd geloop. But God! !!!+

Anton ·

Wat die byeenkoms nog meer merkwaardig maak is dat daar soveel mense was om nagenoeg 10 Soccer City Stadiums vol te maak. Soccer City is die 12de Grootste Sport Stadium in die wêreld.
Na die Event was die hele terein skoon agter gelaat sonder dat enige skoonmakers gebruik was. Awesome

Surita ·

Irrelevant wat enigeen sê, ek glo almal wat daar was, was geroep om te gaan.
“I’m no longer a slave of fear,
I am GOD’s child!!”
AMEN

NADINE KNOETZE ·

Wat wonderlik was, is dat die Biddag binne 6dae gereël was. Alle eer aan die Here

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.