[Foto’s] Groot wapenvonds in Wes-Kaap gemaak

Wapenvonds in Valhallapark, Bishop Lavis in die Wes-Kaap (28 Oktober 2016) (Foto: SAPD)

Wapenvonds in Valhallapark, Bishop Lavis in die Wes-Kaap (28 Oktober 2016) (Foto: SAPD)

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn groot wapenversameling op ʼn perseel in Valhallapark, Bishop Lavis ontdek.

“Die polisie het Vrydag beslag gelê op minstens 250 vuurwapens, ammunisie en ʼn onbekende bedrag kontant,” het brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Vier individue is in hegtenis geneem.”

De Beer het gesê beamptes was steeds op die toneel en besig om dit te prosesseer.

“Ons is vol vertroue dat hierdie vonds ons sal bystaan om bendebedrywighede hok te slaan en misdade soos moord en voertuigkaping te verminder,” het sy bygevoeg.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Vrydag gesê die polisie maan alle gemeenskappe om saam met die SAPD te werk om seker te maak dat #CrimeMustFall ʼn werklikheid word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ChrisH ·

Die is swak beriggewing. Hoe het hulle die vonds gemaak en waarin was dit versteek??

Reg ·

Alles kan nie altyd uitgeblaker word nie. Geluk aan die die wat beslag gelê het. Dankie aan die bron. Hulle lewe hang aan ‘ n draadjie as hul name gelek word!

twakkies ·

Hoeveel van die wapens behoort aan die SAPD en Weermag. Hoelank gaan dit neem voor die wapens weer verkoop word aan die skelms.

Thyskotze ·

Ja hulle moet gestraf word soos boeremaglede dis dieselfde as oorlog verklaring

Hennie ·

Hierdie is heel waarskynlik wapens in private besit wat aan die polisie afgegee was. Hoe kom dit anders in bendes se hande as deur die polisielede? Nou vra die polisie dat gemeenskappe moet help met misdaad bekamping. Dis tog glashelder waar MOET hulle begin!

marlene ·

Dink ook dis wapens wat destyds ingehandig was. Dis so jammer dat korrupte amptenare dit gebruik het om hulself te verryk. Daar is bloed aan hul hande.

Wilhelm ·

Hoog tyd dat die owerhede vee-operasies uitvoer om dinge uit te snuffel; sonder hierdie metode hul nooit alle verbode dinge opspoor nie. Dit wat nou opgespoor word is bloot toeval!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.