Foto’s: Groot waterlikkewaan kuier in Pta-swembad

Die waterlikkewaan. Foto's: Pretoria Dieretuin.

Die waterlikkewaan. Foto’s: Pretoria Dieretuin.

ʼn Waterlikkewaan wat 1,5 m lank is en 4,5 kg weeg het Dinsdag groot opwinding veroorsaak toe hy te midde van ʼn hittegolf wat Pretoria getref het, in ʼn inwoner se swembad gaan swem het.

Angeliné Schwan, ʼn woordvoerder van die Nasionale Dieretuin, het aan Maroela Media gesê personeel van die dieretuin is na ʼn huis in Villieria in die Moot-gebied ontbied nadat die inwoners die “akkedis” in die swembad opgemerk het.

“Die personeel het die reptiel uit die water gered en gesien daar is ʼn groot stuk tou om sy nek verstrengel. Die tou het ʼn groot letsel veroorsaak en was heel waarskynlik al ʼn geruime tyd om sy nek,” het Schwan gesê.

Die likkewaan is na die dieretuin se dierehospitaal geneem vir behandeling waar gevind is die hioïedbeen in sy keel is beskadig. Die dier is daarna na die reptielpark oorgeplaas waar hy vir ʼn ruk onder kwarantyn gehou gaan word.

Volgens Schwan kom waterlikkewane natuurlik in Pretoria voor, veral langs strome en riviere. “Hulle maak glad nie geskikte troeteldiere nie weens hul temperamentele geaardheid. Dit is ook onwettig om dié likkewane as troeteldiere aan te hou aangesien hulle inheems is en geen inheemse wild in die land as troeteldiere aangehou mag word nie.”

Die dieretuin beoog om die likkewaan in die veld vry te laat sodra hy volkome herstel het.

Opvolg: Pta-waterlikkewaan: ‘Ons het groot geskrik’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elfie ·

Deloris – een of ander dieremishandelaar. Arme dier, hoop hy herstel volkome.

Madeleine Hoffmann ·

Hy het waarskynlik ontsnap nadat hy in ‘n strik gevang is.

alida ·

HALLO ! Alles met vier bene word mos ge-eet in hierdie land wat nou beskou word as rommel of eerder riool. Sal maar eerder nie uitbrei nie want dan plaas Maroela weer nie my kommentaar nie.

Mr P ·

Het gesien hoe swartmans n likkewaan doodslaan om geeet te word. Hulle eet alles op. Kyk hou lyk ons reviere gestroop. Soms kry jy ook nette wat gespan word om die vis in 10 talle te vang. Daar kom ook ander diete in die nette. Maak SA kaal. Niks moet oorbly nie.

alida ·

Mnr P sien jy wat ek bedoel? Daar is net twee wilde spesies wat mense eet en dit is leeus en luiperds (miskien is daar een of twee meer) maar in SA is daar letterlik miljoene mense wat al wat ‘n dier sal eet. Ek se mense want as ek se wat ek wil word my kommentaar nie geplaas nie. Barbaarse optredes noem hulle dit deesdae.

pietie ·

Goeie raad vir die groen alge in daai swembad: Activator D by Obaro…..

Mr H. ·

Arme likkewaan. Daai swembad moet bietjie skoon gemaakword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.