[Foto’s] Gru-botsing eis 4

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911

Vier mense is dood en 14 beseer in ʼn gru-botsing op die N2-snelweg in Durban.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die ongeluk het omstreeks 06:00 naby die Jan Smuts-wisselaar plaasgevind.

Daar word vermoed dat ʼn minibustaxi die agterkant van ʼn stadigbewegende vragmotor op die suidelike baan van die snelweg getref het.

Volgens Netcare 911 het die taxi glo verpleegpersoneel vervoer.

 

“Verskeie mense was in die taxi vasgekeer en moes uitgesny word,” het Lennox gesê.

Drie vroue en ʼn man, onder wie die taxibestuurder, is op die toneel dood verklaar. Een van die 14 beseerdes was in ʼn kritieke toestand en moes per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie en verkeerspolisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

René Prinsloo ·

Onnodige ongelukke en lewens word verwoes deur mense wat nie geldige lisensies het nie. 99% van ongelukke word deur taxis veroorsaak.

Anti spur ·

Taxi’s is en was nog altyd ‘n probleem hopenlik kry ons eendag ‘n regering wat nie korrup is nie en die wetstoepassers op hulle loslaat. ?☇

Giepie ·

Baie jammer vir die families maar agter op die taxi is ‘n “sticker” wat aandui maksimum spoed 100kmh is dit hoe ‘n voertuig teen 100 kmh lyk?

Veteraanbestuurder ·

Spoed, geduld en volgafstand is die probleem. Aan diegene wat hulle verlustig in rampe soos hierdie en in Knysna en Kaapstad net die volgende: “Ons hoofdoel in hierdie lewe is om ander te help. Indien jy hulle nie wil/kan help moet hulle dan nie nog wil seermaak” – Dalai Lama.
Dis my vrye vertaling.

Ander Annie ·

Dit is tragies. Onskuldige mense gaan dood omdat taxibestuurders nie ‘n duit omgee vie mense lewens nie. Taxi base is gevoelloos. Dit gaan net oor hoeveel geld die taxi inbring. Niks anders maak raak nie.

George ·

Ek dink die brande in Knysna is gestig hoe kan brand Sommer so ontstaan van self ek wil ook my innige simpatie oordra aan die mense wat in brand gesterf het

Connie ·

Ek en my man moet baie op ons paaie ry vir ons werk. Ek het al baie gesien dat die pad reël van hou links gaan regs verby glad nie gehoorsaam word nie en al baie benoude oomblikke vir ons gegee het. Kan daar nie weer ‘n plan gemaak word dat dit onder almal se aandag kan kom nie. Soos om meer borde langs die paaie te sit waar almal dit net weet kan sien nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.