[Foto’s] ‘Gruwelike mishandeling’ by slagpale ontdek

Waarskuwing: Die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sal strafregtelike aanklagte aanhangig maak nadat beamptes op “gruwelike dieremishandeling” op ʼn perseel in Protea Glen, Soweto, afgekom het.

Wendy Wilson, inspekteur by die NDBV, het Woensdag in ʼn verklaring gesê beamptes van die NDBV en die Roodepoort DBV het Vrydag op die perseel toegeslaan waar “erge diereverwaarlosing en gruwelike mishandeling” aan die lig gebring is.

Volgens Wilson is ʼn onwettige en onhigiëniese slagpale op die perseel bedryf vanwaar verrotte hoenderkarkasse aan die publiek verkoop is. “Inspekteurs betrokke by die operasie was geskok oor wat hulle gesien het. Dooie en sterwende hoenders is in ʼn baie vuil omgewing verwerk. Honde het tussen hope van hul eie ontlasting gebly en is van die verrotte karkasse gevoer,” het Wilson gesê.

“Die honde was oortrek van bosluise en vlooie, het almal wurms gehad en baie van hulle het beserings gehad wat nie behandel is nie, asook ander siektes.” Sy het gesê die DBV het op 32 honde beslag gelê en hulle is na ʼn plek van veiligheid geneem, waar hulle behandeling ontvang. Die meeste van die honde was pitbulls..

Volgens Wilson moes twee skape ook op die perseel van kant gemaak word, aangesien hulle erg gely het weens beserings en siektes wat nie behandel kon word nie. “Inspekteurs moes die slotte van ʼn buitegebou oopbreek om by die skape uit te kom,” het sy gesê.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

“Die slagpale op die perseel is nie geregistreer nie en is daarom onwettig bedryf. Behalwe vir die wreedheid waarmee die hoenders behandel en geslag is, was die ernstige kwessies met betrekking tot die swak higiëne van voedselprodukte wat aan die publiek beskikbaar gestel word, ook aangemeld.”

Sy het ook gesê dit is uiters kommerwekkend dat vroue en kinders op die perseel tussen die afval van die slagpale bly. “Daar is gevind dat groot hoeveelhede cannabis-plante ook op die perseel gekweek word. Die polisie is ontbied en hulle het op die plante beslag gelê.”

Wilson het gesê verskeie strafregtelike aanklagte sal teen die eienaars van die perseel aanhangig gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Franscois ·

Nie mense nie. SKUIM. Hulle moet brand vir wat hulle doen. ?

Doofstom ·

Gaan liewers niks se nie… Is veiliger…..maar mag julle kry wat julle uitdeel ?

GES ·

Ek hoop die DBV maak die wêreld baie warm vir die “mense” wat hulle skuldig maak aan sulke walglike handelinge.

Pop ·

Nee dis nie SA nie. Die NDBV sal so effens dat dit nie SA word nie!

marlene ·

Dit maak n mens verskriklik kwaad om die dinge te sien wat hulle met diere aanvang…ek hoop hulle word toegesluit en dai sleutel word weg gegooi..en dai mense moet vrot daar binne..

Janneman ·

Dit is dekolinisasie wat die voorstanders daarvan nie altyd kan definieer nie.

Milan ·

Skandelik! Het God nie die mens in Genesis die opdrag gegee om na sy diere om te sien nie? Jy sal saai wat jy maai ou maat.

CHRISTA ·

Ek wonder of van daardie honde se vleis nie ook as “hoender” verkoop was nie! EK HOOP NIE SO NIE!!

li sc ·

mense?, nee Ges ek dink jy is verkeerd. Dit kan nie mense genoem word nie. Daai wat sulke mishandeling doen is laer as slak bollie. Ek het een troos in die lewe, ELKEEN WAT N OUMENS, N KIND EN N DIER MISHANDEL EN WREEDAARDIG DOODMAAK, SAL SY DAG KRY!!!

Vytjie ·

Ek glo lankal nie meer die mens is die kroon van die skepping nie….die meeste mense is kan maniere léér by diere. Mag hierdie spul deur Karma geëet word soos ‘n mielie!

Justice ·

Vytjie jy is so reg met jou stelling – ek werk elke dag met diere waar ek moederliefde op die hoogste vlak sien en ervaar. Mense kan beslis deesdae by diere leer – hulle sal hul lewens op die spel plaas om hul kinders te beskerm. Hoe meer ek met diere werk hoe minder wil ek tussen mense wees. Diere soos die beeste is bly om jou te sien wanneer jy ‘n ruk weg was en sal uitbundig bokspring en nader hardloop om te groet. Hierdie is wreedheid van die mens op die ergste graad.

Johannes Meintjes ·

Met ondervinding in meer as 20 Afrika lande is dit jammer om te sien dat ekonomiese verval in SA ook nou tot sulke tipe leefstyl en “besigheidspraktyd” wat vollop is in Afrika, aanleiding gee.

Oupa ·

En dis nou my “naaste” wat diere só behandel. Ek wonder dan wie (en hoe) is my “verste”?

Lance ·

Barbaars ! !. Geen wonder daar word niks vir n lewe omgegee nie en word daar so gemoor en verkrag in SA as dit die tiepe verwysing is. N kind leer verandwoordelikheid en omgee bv deur n troeteldierdie te versorg …kos te gee, sorg dat hy warm slaap en skoon is ….nou wat het die mense geleer . ..NIKS ! Dis nou die die wat sal moor, brand, klippe gooi want dit is sy agtergrond en hy sal nooit al gee jy hom n plaas , kar of huis uit die sieklus van sy verwysing kan uitbreek nie ! Tragies dat dit so lank geneem het voor daar iets gese was …laat my dink die hele gemeenskap is maar dieselfde in beginsel.

Skim ·

Glo my hulle gaan NIKS oorkom nie, hulle loop weg met ‘n waarskuwing, wys my EEN persoon wat in die tronk in SA gaan sit het vir gruwelooslike barbaarse dieremishandeling . asb .. al die regsmanne julle het seker darem ‘n saak of twee of statistiek .. wys my EEN diere-abuser wat sy straf gekry het wat hy verdien? EK wed jou bure kla al lankal en niemand tree op nie, so ongelukkig is dit die gevolg van lamsakkige optrede teen diere-mishandelaars. Ek kry die diere die jammerste, die mense is plein net SLEG.

Johanna ·

DIS die rede dat daar n HEL is – ek hoop van harte dat hierdie eienaars en elke een wat daar betrokke was reeds gearresteer is??

Nadia ·

“The greatnes of a nation can be judged by the way its animals are treated” Mahatma Gandhi.
Maak mens erg bekommerd.

Valie ·

n Land se beskawingspeil word bepaal (o.a. ) deur die manier waarop hulle diere hanteer…

Johanna Botha ·

Nadia dankie dit is SO waar wat jy daar se …as ek sien hoe die arme donkies op n daaglikse basis mishandel word …hulle word geslaan op die rug dat die bloed loop …dis net SO hartseer om dit te sien en hoe gevoelloos die mense is teenoor hulle EIE diere !

Alida ·

Genade het die bure en huisbewoners nie vergaan van die stank nie of is hulle gewoond daaraan? Lyk so.

sarie van heerden ·

As die president (?) en sy nalopers weet dat mense in “haglike” omstandighede in Soweto moet woon wonder ek hoekom het hy/hulle nie geweet het van die “slagpale” nie. Mense moet die bewaarders en behoeders van diere wees en sulke dinge aanmeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.