[Foto’s] Gyselaarsdrama ontvou in Kaapstad

Gyselaarsdrama by Nyanga-junction (1 Mei 2017) Foto: SAPD, Wes-Kaap

Elf persone wat Maandag in die Nyanga Junction-winkelsentrum in Manenberg in Kaapstad gyselaar gehou is, is ná ʼn paar uur vrygelaat.

Die persone was werknemers van die Shoprite-winkel waarop rowers Maandagoggend vroeg toegeslaan het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die spesiale taakmag, nasionale ingrypingseenheid en speurders het vroeg Maandagoggend by die toneel opgedaag ná ʼn poging tot gewapende roof. Verskeie skote is in die winkelsentrum gehoor en daar was ook ʼn oor-en-weer-skietery tussen veiligheidswagte en die rowers.

ʼn 25-jarige veiligheidswag is tydens die skietery beseer. Hy is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal.

Een van die 11 persone wat uit die gebou gered is, was ʼn verdagte wat vroeër beseer is. Hy is op die toneel behandel en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het die beamptes bedank wat hul lewens op die spel geplaas het om die gyselaars te red. “Ons bedank die lede van die gemeenskap vir hul ondersteuning en gebed tydens hierdie naelkou-polisieoperasie. Ons wil dit graag benadruk dat ons hoofdoelwit die gyselaars se veiligheid was en dat alle voorsorgmaatreëls geneem is om hulle veilige vrylating te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

khomotso phalane is steeds waarnemende nationale polisiekommisaris na alles? geen wonder niemand diens meer terug nie.

Dankbaar ·

Nuwe betekenis vir Werkersdag…. Baie dankie aan elke lid van die mag en veral ook die veiligheidswagte wat hulle so goed van hulle taak gekwyt het. MAAR die eer gaan allereers aan die Here wat gebede verhoor – ek dink nou sommer aan die wat in eenheid REEDS opgegaan het spesifiek op 22 April…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.