Deon Truter, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder in Plettenbergbaai, het gesê hulle is Vrydag omstreeks 17:10 na Look-out-strand ontbied ná berigte dat ʼn branderplankryer in die moeilikheid beland het.
Reddering was met die NSRI se aankoms reeds deur ander branderplankryers uit die water gered. Hy het skeurwonde en bytmerke aan sy ribbes, asook op sy boude en regterbeen opgedoen. “Die bytmerke was diep en paramedici van die NSRI en Baycare het Dylan onmiddellik begin behandel. Hy was baie kalm, met ’n goeie gemoedstoestand en in ʼn redelik stabiele toestand,” het Truter gesê.
Reddering is na die Mediclinic Plettenbergbaai geneem vir verdere behandeling. “Geen van sy lewensbelangrike organe of hoofare is raakgebyt nie en sy wonde is met steke geheg.” Reddering is later na die Life Care- privaat hospitaal in Knysna oorgeplaas vir verdere mediese behandeling.
Truter het gesê Dylan is die seun van Marty Reddering, ʼn veteraanvrywilliger van Plettenbergbaai-NSRI. Volgens Truter is Redddering vermoedelik deur ʼn grootwithaai aangeval.