Foto’s: Haelstorms tref Mpumalanga

Haelkorrels in Middelburg (Foto: Twitter)

Haelkorrels, sommige so groot soos gholfballe, het Vrydagmiddag in dele van Mpumalanga neergesak. Dorpe soos Middelburg, eMalahleni (Witbank), Kromdraai en Clewer het kort na middagete onder twee haelstorms deurgeloop.

Luidens inligting op Storm Report SA het haelkorrels tot so groot as 4 cm in deursnee in sommige plekke geval. Talle foto’s van die groot haelkorrels word sedertdien op sosialemedia versprei.

“Baie skade is aan plante en bome aangerig. Dit het geklink soos ’n trein wat reguit op ons afpyl. Dit was ongelooflik,” het ’n sosialmediagebruiker op Twitter geskryf.

“Nou om alles op te ruim. Ten minste gee dit my iets om te doen [tydens die algehele landwye afsondering],” het die sosialemediagebruiker gespot.

From Helen GreeffWitbank eMalahleni North, hailstorm.

Posted by Storm Report SA on Friday, March 27, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Ons is Durbanners sedert vroeg 2004, en tydens die afgelope 16 jaar, kan ek een insident onthou waartydens dit gehael het. ‘n Polisieman wat slegs Durban ken, het gevra “Is this hail?”. Sò onbekend is dit hier.

Johan Venter ·

Maar gisteraand het ons daar die ergste elektriese storm in 25 jaar binne 30 minuute beleef. Die water stroom oor die agterste gras, modderwater loop breed langs die huis verby. Takke lê die wêreld vol, die donder en slae galop hier oor die dak, klap om die huis en teen die ore, mens kan nie agterkom of dit voltreffers is nie, een of twee maal klink dit so, kragproppe is net-net betyds uitgepluk, die een so met die eggo in my ore, dan is mens op die knieë, die volgende oomblik staan jy op aandag. Ons is daardeur maar het geluister en vanoggend verfris opgestaan, reg om die virus te veg.

Koos ·

Pragtige kommentaar! Ek kon myself inleef in julle situasie met die beskrywing. Sterkte en hoop nie te veel skade is aangerig nie.

Johan Venter ·

Dankie, toe geen skade, maar DIS hoe dit was:
Ons het verlede week Donderdagaand seker die ergste elektriese storm en weerlig ooit beleef, omtrent vir ‘n halfuur of so. Ons was skoon buiteweste. Die wind loei, die water stroom oor die agterste gras, modderwater loop breed langs die huis verby, blare en takke lê die wêreld vol. Aanvalsbevele bulder anderkant die dik saamgepakte lae banke donker-grys wolke wat onmiddellik daarna helder verlig. Die knalle galop hier oor die dak, klap om die huis, ons kan nie agterkom of dit voltreffers is nie, een of twee maal klink dit so. Blitse krul in alle rigtings. Ek het die elektriese implemente se kragproppe net-net betyds uitgepluk, die een langs die kombuisvenster so met die weerklank in my ore, dan is mens op die knieë, die volgende oomblik staan jy op aandag. Ek en Kate is daardeur maar het geluister en het die volgende oggend verfris opgestaan, reg om die virus te veg.
Die reënmeter buite het 60 mm gemeet.

Johan Venter ·

Marilize ek het idee ek weet waar jy werk, ons het al in die verlede persoonlik gesels. Maar ek het nou so ‘n dag of twee gelede hier van fisiese skades aan eiendom melding gemaak en vrae gevra of ons reg is daarvoor, toe beduie die mense mos vir my die veg van die virus is belangriker.

Nou as jy nie skuilplek teen die elimente van die natuur het nie, of jou eiendom wat beskadig is kan nie herstel word nie, is jy mos meer aan siektes en so voorts blootgestel!

Yvonne ·

Hael maak skade maar dit is ook water….by ons is dit so droog….Secunda….jammer vir skade wat dit gebring het.

Amatambo ·

Hierdie laat my nou aan my skooldae terugdink toe ek skoolkind was – November 1949 tref ‘n haelstorm Pretoria met korrels so groot soos tennis/en krieketballe… my pa het kort vantevore na werk tuisgekom en sy voertuig nie dadelik in die motorhuis ingetrek nie, maar kort daarna tref die aanslag – hy hardloop uit om die kar onderdak te kry en in die proses tref ‘n haelkorrel hom teen die kop en knikker hom amper uit… die stad het gelyk asof ‘n winter sneeustorm daar geval het – enigste verskil is dat daar feitlik geen heel ruit oor was nie, en baie huise se sinkdakke het ook onder die aanslag deurgeloop. Die skade het glo ‘n paar miljoen pond gekos om te herstel (in daardie dae het ons nog met £-s-d (ponde, sjielings en pennies) gehandel… Maar daardie Oos-Transvaalse streek is bekend vir die kwaai haelstorms wat hulle elke wan en dan laat geld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.