Die N1 in Johannesburg is Donderdagmiddag vir verkeer gesluit vir ‘n helikopter van ER24 om te land.
Die snelweg in ‘n noordelike rigting is tussen William Nicol- en Witkoppenweg naby Montecasino gesluit nadat ‘n voetganger deur ‘n ligte vragmotor getref is. Die bestuurder van die ligte vragmotor is nie beseer nie.
Die toestand van die pasiënt is nie bekend nie.
Voetgangers mag mos nie op hoofweg loop nie, of het hy gedink hy het supercharge enjin in
Gans te veel voetgangers ken nie eens die basiese padreëls nie.
Dat daar op ‘n deurpad padpredikante opgesit moet word om teen beeste te waarsku, terwyl dieselfde dept van paaie wat daardie bordjie opgesit het, verantwoordlik is vir die betrokke grensdrade.
Ek het verlede week, op die draai tussen Zambezi-afrit en Stormvoël-afrit, net daar by die gruisklipgroef, ook hard moes remtrap, teen 120km/h, vir ‘n voetganger…..in die regterkantste baan!
Dalk tyd vir paneelbord-kameras.?