[Foto’s] Helikopter red twee stappers van berge

Die reddingspoging in Simon's Town. Foto's: Lindsey Cyster

Die reddingspoging in Simon’s Town. Foto’s: Lindsey Cyster

Twee stappers is Woensdag in twee afsonderlike voorvalle op berge in die Wes-Kaap beseer en moes per helikopter gered word.

Vanessa Horn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid se AMS-noodhelikopterdiens, het gesê in die eerste voorval is ʼn helikopter omstreeks 14:30 ontbied nadat ʼn 19-jarige vrou haar been gebreek het terwyl sy op Red Hill in die Simonstad-omgewing gestap het. Sy is op die toneel behandel en in ʼn stabiele toestand na die Vincent Palotti-hospitaal geneem.

“Die helikopter was skaars terug by die basis toe dit uitgeroep is na die De Hoop-natuurreservaat in Bredasdorp nadat ʼn 64-jarige vrou omstreeks 16:00 haar enkel gebreek het terwyl sy ook gestap het,” het Horn gesê. Reddingswerkers moes abseil om tot by die vrou te kom. Hulle het haar behandel, waarna sy na die Bredasdorp- provinsiale hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Seker van die grootste vrese vir ‘n stapper is siekte en seerkry.
Ek het gevind dat ‘n ‘Moses-staf’ heel goed werk waar jy dan beheer kan uitoefen. Dit het my só bederf dat ek in wildernisgebiede nie daarsonder kon stap.
(‘n Moses-staf is ‘n lengte tot ongeveer ooghoogte van jou liggaam.)

PIXIE ·

Het julle niks beter om te doen nie? Julle mors brandstof en helikopter personeel se kosbare tyd want hulle moet gereed wees in ernstige gevalle soos ongelukke waar hulle mense se lewens moet red. As julle MOET stap kry ‘n ander veilige omgewing om te stap.

Peet Schabort ·

So, Pixie, wat jy dan sê is dat stappers gaan moeilikheid soek om ‘gevaarlike’ plekke te gaan stap ? Jy mis beslis die mooiste natuurskoon moontlik.
Ek verstaan dan ook uit jou kommentaar dat daar ander ongelukke is waar mense gaan soek vir moeilikheid en nie gehelp behoort te word. Neem as voorbeelde sportsoorte soos rugby, motorrenne, bergfietsry ens.
Dan natuurlik soek jy ook vir ‘n ongeluk in gewone alledaagse vervoer en moet daar wegbly. Selfs om op straat met die voet te loop is al ‘n risiko.
Die uiterste sal ook wees om op ‘n ongelukstoneel te besluit wie is die skuldige en hom laaste te help of glad nie.
Jou kommentaar klink nie baie oortuigend.

Lynette ·

Pixi, mens kan sien dat jy nie n buitelug mens is nie. Ek het n paar jaar gelede aan n stapklub behoort en naweke in die berge gaan stap. Dit was heerlik! Jy kan in jou eie huis val en jou so erg beseer dat jy deur iemand gehelp moet word en per ambulans na n hospitaal vervoer moet word. Wat is die verskil?

PIXIE ·

Lynette jy is verkeerd. Ek is ‘n MA-PLOTTER, lief vir buitelug lewe, vir plaaslewe, bokke, donkies, perde, ponies, varke en geniet visvang uitstappies na Vaaldam, swem graag in die dam by Deneysville in die Vrystaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.